Maroela Media Top 20: 18 Mei 2015

PJ-Cruz-by-Toks-&-Tjops

PJ Cruz is een van die nuwelinge op Maroela Media se Top 20 hierdie week. Hier kuier hy op die stel van Toks & Tjops. Foto: PJ Cruz se Facebookblad.

In hierdie week se Top 20 is daar tien snitte wat styg, agt wat daal en twee nuwelinge. “Met jou klere aan” van Leah is vandeesweek se nuwe nr. 1-treffer, terwyl Die Heuwels Fantasties na die tweede plek terugsak.

“Jy soen alles reg” van Eden en “Laat die wiele rol” van Arno Jordaan val uit die Top 20, wat beteken dat Joshua Na Die Reën se weergawe van “Voshaarnooi” nou die snit is wat die langste op die Top 20 is. Die titelsnit van PJ Cruz se album Te goed om waar te wees, tree in die 20ste plek toe en “Hand op my hart” van 4 Werke is ‘n nuweling in die 19de plek. Francois van Coke en Karen Zoid styg agt plekke tot by die agtste plek met “Toe vind ek jou”, terwyl Gerhard Steyn nege plekke daal met Afrikaanse meisies.

  1. “Met jou klere aan”- Leah
  2. “Ballade vir ‘n enkeling”- Die Heuwels Fantasties
  3. “Die een ding wat ek doen”- Pieter Koen
  4. “My hartjie”- Karlien van Jaarsveld
  5. “Bosveldbloed”- Gerhard Steyn en Richard van der Westhuizen
  6. “Miljoene soene”- Nicholis Louw
  7. “Tyd”- Nadine
  8. “Toe vind ek jou”- Francois van Coke en Karen Zoid
  9. “Reis na gister”- Jak de Priester
  10. “Lief vir jou”- Juanita du Plessis
  11. “Een vir een”- Bobby van Jaarsveld
  12. “Meer as woorde”- Irene-Louise van Wyk
  13. “Voshaarnooi”- Joshua Na Die Reën
  14. “Al lê die berge nog so blou”- Snotkop en Anders
  15. “Afrikaanse meisies”- Gerhard Steyn
  16. “Mosterdsaad”- Manne wat Glo
  17. “Klapsoen”- Bouwer Bosch en Almarie du Preez
  18. “Ek sweer”- Twee
  19. “Hand op my hart”- 4 Werke
  20. “Te goed om waar te wees”- PJ Cruz

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.