Maroela Media Top 20: 19 Januarie 2015

Nadine-Skildery

Nadine se titelsnit van haar album, Skildery, het ‘n nuwe posisie hierdie week op Maroela Media se Top 20. Foto: Argief.

Hierdie week in Maroela Media se Top 20: Daar is 12 snitte wat styg, ses wat daal en twee nuwelinge, wat beteken dat daar ‘n nuwe nommer een op die Top 20 is.

Die titelsnit van Nadine se album, Skildery, neem die eerste plek by Eden oor. Dewald Wasserfall en Elizma Theron daal elk vyf plekke, maar Dewald se nuwe treffer, So eensaam soos die son, is een van drie snitte wat elk drie plekke styg.

Die twee snitte wat uitval, is Mal in jou kop van Cordelia en Kampala van Rooies. Adam tree in die 20ste plek toe met Smoorverlief, terwyl Anaïs se treffer, Bietjie meer as soen, ‘n nuweling in die 19de plek is.

  1. Skildery – Nadine
  2. Dirty dancing – Eden
  3. Murg en been – Laurika Rauch
  4. Bring die storm – Nicholis Louw
  5. My alles – Bobby van Jaarsveld
  6. Mooi – Elvis Blue
  7. Ek verlang na jou – Marius Strydom
  8. Trane – Elizma Theron
  9. Meisie van my hart – Heinz Winckler
  10. Knysna – Anders
  11. Ligjare weg – Rinel Day
  12. Dans op die tafels – Kurt Darren
  13. So eensaam soos die son – Dewald Wasserfall
  14. Welkom in my hart – Andriëtte
  15. Weier – Riana Nel
  16. Soet en suur – Burgerd en Zita
  17. Veilig – Jack Parrow en Janie Bay
  18. Gebore om te lewe – Dewald Wasserfall
  19. Bietjie meer as soen – Anaïs
  20. Smoorverlief – Adam

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.