Maroela Media Top 20: 20 April 2015

Irene-Louise-van-Wyk

Irene-Louise van Wyk is die enigste nuweling op Maroela Media se Top 20 hierdie week. Foto: ‘n Skermskoot uit die musiekvideo.

In hierdie week se Top 20 is daar elf snitte wat styg, agt wat daal en een nuweling.

Karlien van Jaarsveld neem die nr. 1-posisie oor met “My hartjie”, en Joshua Na Die Reën sak terug na die tweede plek. Pieter Koen styg vier plekke met “Die een ding wat ek doen”, terwyl Gert Loubser asook Eden en Bobby van Jaarsveld elk sewe plekke daal. Nicholis Louw sak uit die Top 20 met “Bring die storm”, maar “Miljoene soene” is in die sedse plek.

Vandeesweek se enigste nuweling is “Meer as woorde”, die eerste treffer van Irene-Louise van Wyk. “Bietjie meer as soen” van Anaïs en “Meer as ‘n vriend” van Riana Nel is die twee liedjies wat die langste op die Top 20 is, naamlik 14 weke.

  1. “My hartjie”- Karlien van Jaarsveld
  2. “Voshaarnooi”- Joshua Na Die Reën
  3. “Een vir een”- Bobby van Jaarsveld
  4. “Jy soen alles reg”- Eden
  5. “Mosterdsaad”- Manne wat Glo
  6. “Miljoene soene”- Nicholis Louw
  7. “Ballade vir ‘n enkeling”- Die Heuwels Fantasties
  8. “Laat die wiele rol”- Arno Jordaan
  9. “Afrikaanse meisies”- Gerhard Steyn
  10. “Die een ding wat ek doen”- Pieter Koen
  11. “Wolraad Woltemade”- Hennie Jacobs
  12. “Meer as ‘n vriend”- Riana Nel
  13. “Bosveldbloed”- Gerhard Steyn en Richard van der Westhuizen
  14. “Butterflies”- Eden en Bobby van Jaarsveld
  15. “Klapsoen”- Bouwer Bosch en Almarie du Preez
  16. “Tyd”- Nadine
  17. “Sit vanaand op herhaal”- Vaughan Gardiner
  18. “Bietjie meer as soen”- Anaïs
  19. “Sonder liefde”- Gert Loubser
  20. “Meer as woorde”- Irene-Louise van Wyk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.