Maroela Media Top 20: 20 Julie 2015

Liezel-Pieters

Liezel Pieters is op die 16de plek in hierdie week se Afrikaanse Top 20. Foto: Facebook.

In vandeesweek se Top 20 is daar nege snitte wat styg, ses wat daal, twee wat in dieselfde plek bly en drie nuwelinge. Elvis Blue verloor sy eerste plek en die nuwe nr. 1-treffer is “Alles naby my” van Roux en Christi Cloete.

Drie snitte val uit, naamlik “Ballade vir ‘n enkeling” van Die Heuwels Fantasties, “Al lê die berge nog so blou” van Snotkop en Anders en “Tamboerynman” van Koos van der Merwe. Joe Foster maak sy debuut in die 19de plek met “Mona Lisa”, vanaf sy pas vrygestelde album, Hartklank.

Juanita du Plessis is in die elfde plek met “Lief vir jou”, en boonop tree haar nuwe treffer, “Hambamba”, in die 18de plek toe. Cordelia het voorheen die Top 20 gehaal met “Mal in jou kop”, maar noudat haar nuwe album vrygestel is, was daar hernieude belangstelling in hierdie snit; gevolglik is dit ‘n hertoetrede in die 15de plek, die hoogste plek wat dit voorheen bereik het. (Tussen hakies, dit is geen snaakse verskynsel nie; “Cry to me” van The Staccatos het twee keer tot Springbok Radio se Top 20 toegetree; die tweede keer ses maande nadat dit aanvanklik uitgesak het).

  1. “Alles naby my”- Roux en Christi Cloete
  2. “Met jou klere aan”- Leah
  3. “Die hemel”- Elvis Blue
  4. “Ek sing my liedjies net vir jou”- Carike Keuzenkamp
  5. “Sing Afrikaner sing”- Bok van Blerk
  6. “Geskeurde jeans”- Karlien van Jaarsveld
  7. “Reis na gister”- Jak de Priester
  8. “Stop wag bly nog ‘n bietjie”- Brendan Peyper
  9. “Eie land”- Coffeesnobs
  10. “Doen net wat ons wil”- Die Heuwels Fantasties en Riana Nel
  11. “Lief vir jou”- Juanita du Plessis
  12. “Meer as genoeg”- Stadsboer
  13. “Ek sweer”- Twee
  14. “Wie is die vrou in jou arms vanaand?”- Irene-Louise van Wyk
  15. “Mal in jou kop”- Cordelia
  16. “Asemloos”- Liezel Pieters
  17. “Reën”- Gera Phielix
  18. “Hambamba”- Juanita du Plessis
  19. “Mona Lisa”- Joe Foster
  20. “Toe vind ek jou”- Francois van Coke en Karen Zoid

https://youtu.be/ygLM7mwna9Q

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eddie Thorburn ·

Baie – baie mooi. Sy kan maar sing. ‘N plisier om na teluister.

Sune van Heerden ·

Dagsê Wicus

Dankie vir jou navraag! Maroela Media se top 20 word saamgestel op grond van die hoeveelheid blootstelling wat ‘n betrokke liedjie op Suid-Afrikaanse radiostasies geniet. Jy kan dus ongelukkig nie by ons “stem” vir die top 20 nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.