Maroela Media Top 20 20 Oktober 2014

Elizma TheronHier is Maroela Media se Top 20 vir vandeesweek. Riana Nel is vir die vyfde week in die nr. 1-plek, maar Steve Hofmeyr hou vas aan die tweede plek. Drie snitte sak uit, naamlik Ek glo van Jakkie Louw, Draadloos-dae van Adam Tas en As vandag my laaste dag is van Juanita du Plessis. Juanita keer egter onmiddellik terug  in die 20ste plek met haar nuwe treffer, My antwoord, en die getroude sangpaar Burgerd en Zita maak hul eerste verskyning in die 19de plek met Jy is my rede. Elizma Theron het gemengde welslae; haar nuwe treffer, Trane, is die hoogste nuweling en tree in die 18de plek toe, maar  Sout, haar duet met Nicholis Louw, daal agt plekke. Lianie May en Bobby van Jaarsveld styg elk vyf plekke. Laurika Rauch is nou die kunstenaar wat die langste op die Top 20 is; As ek eendag oud is, is nou 18 weke op die Top 20.

  1. Weier- Riana Nel
  2. Sit die ligte aan- Steve Hofmeyr
  3. As jy hier is- Arno Jordaan
  4. Gebore om te lewe- Dewald Wasserfall
  5. Roadtrip- Kaleidoskoop
  6. As ek eendag oud is- Laurika Rauch
  7. Ligjare weg- Rinel Day
  8. My alles- Bobby van Jaarsveld
  9. Waterval- Romanz
  10. Noodlanding- Lianie May
  11. Deur U krag- Manne wat Glo
  12. Cowboys en crooks- Kurt Darren
  13. Smag na jou- Len Muller
  14. Sout- Elizma Theron en Nicholis Louw
  15. Richterskaal- Arno Jordaan’
  16. Agter op my fiets- Snotkop
  17. As ek eendag ophou droom- Juba
  18. Trane- Elizma Theron
  19. Jy is my rede- Burgerd en Zita
  20. My antwoord- Juanita du Plessis

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.