Maroela Media Top 20: 20 Oktober 2015

Carla-Oberholzer

Carla Oberholzer. Foto: Facebook.

In vandeesweek se Top 20 is daar elf snitte wat styg, ses wat daal, een wat in dieselfde plek bly en twee nuwelinge. Andriëtte behou haar eerste plek vir die vierde agtereenvolgende week, terwyl Jennifer Zamudio na die tweede plek opskuif.

Die Ventertjies en Jannie du Toit val uit; Carla Oberholzer maak haar heel eerste verskyning op die Top 20 in die twintigste plek met “Jy los my alleen”, terwyl Adam en Vaughan Gardiner in die sewentiende plek toetree met “Wat nou?”, Joe Foster daal sewe plekke met “Mona Lisa”, en “Meer as niks” van Leah styg vyf plekke.

  1. “Pêrel vir ʼn kroon”- Andriëtte
  2. “Sê dit harder”- Jennifer Zamudio
  3. “Ek onthou”- Anders
  4. “Die man vir jou”- André Venter
  5. “Mal in jou kop”- Cordelia
  6. “Jou mond”- Ampie
  7. “Tafelberg vir twee”- Brendan Peyper
  8. “Van toeka tot nou”- Jakkie Louw
  9. “Breek die stilte”- Cordelia
  10. “Alle paaie lei na Rome”- Jannie en Corlea
  11. “Meer as niks”- Leah
  12. “Hier kom die somer”- Jak de Priester
  13. “Biker angel”- Anton Myburgh
  14. “Ek sal jou moet laat gaan”- Ray Dylan
  15. “Eendag op ʼn reëndag”- Neil Somers
  16. “Mona Lisa”- Joe Foster
  17. “Wat nou?”- Adam en Vaughan Gardiner
  18. “Gee my jou hart”- Tiro
  19. “Êrens in die middel van nêrens”- Elvis Blue
  20. “Jy los my alleen”- Carla Oberholzer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.