Hier is Maroela Media se Top 20 vir vandeesweek. Daar is nege snitte wat styg, agt wat daal, twee wat in dieselfde plek bly en een nuweling.
Daar is ʼn nuwe nr. 1-treffer: Bobby van Jaarsveld neem die eerste plek oor met sy nuwe treffer, My alles. Noodlanding van Lianie May val uit die Top 20, terwyl Marius Strydom in die 20ste plek toetree met Ek verlang na jou. Verlede week se nuweling, Bring die storm van Nicholis Louw, styg agt plekke terwyl Emo Adams sewe plekke daal met Is duidelik.
- My alles– Bobby van Jaarsveld
- Ligjare weg– Rinel Day
- Skildery– Nadine
- Dirty dancing– Eden
- Trane– Elizma Theron
- Vat nou hierdie mens– Fredi Nest
- Gebore om te lewe– Dewald Wasserfall
- Kampala– Rooies
- Murg en been– Laurika Rauch
- Weier– Riana Nel
- Mooi– Elvis Blue
- Bring die storm– Nicholis Louw
- Richterskaal– Arno Jordaan
- Is duidelik– Emo Adams
- Knysna– Anders
- Mal in jou kop– Cordelia
- Dorings vir Ma– Manie Jackson
- Meisie van my hart– Heinz Winckler
- Soutwater– Bok van Blerk
- Ek verlang na jou– Marius Strydom