Vandeesweek is daar nege snitte wat styg, ses wat daal, drie wat hul posisie behou en twee nuwelinge. Cordelia behou haar eerste plek vir die sesde agtereenvolgende week met “Eerste woorde”, maar Bobby van Jaarsveld skuif op na die tweede plek met “Middernagserenade”. Carla Oberholzer en Suzanne sak vandeesweek uit, maar Carla het nog een treffer op die Top-20. Die titelsnit van Lemé se nuwe album, “GI Jane”, tree eindelik in die 20ste plek toe, terwyl Brendan Peyper se nuwe treffer, “Die perfekte een vir my”, sy buiging in die 19de plek maak. Jacqueline styg vier plekke met “Dis hier en nou”, terwyl “Hoofletters” van Sorina sewe plekke daal.
- “Eerste woorde” – Cordelia
- “Middernagserenade” – Bobby van Jaarsveld
- “Ek wens vir jou” – Kurt Darren
- “Tot oneindig einde kry” – Andriëtte en André Venter
- “Dis hier en nou” – Jacqueline
- “Al wat ek weet” – Elvis Blue
- “Sporelied” – Jak de Priester
- “Wat maak ʼn boer?” – Carla Oberholzer
- “ʼn Paw paw vir my darling” – Anton Goosen
- “Vir altyd” – Joshua Na Die Reën
- “Hoofletters” – Sorina
- “Skipper” – Neil Somers
- “Laaste lied” – Corlea
- “Wees my held” – Sharoney
- “Breek die stilte” – Cordelia
- “Hartlagsiel” – Burgerd Botha
- “Sarie Marais” – Len Muller en Stef Bos
- “Langpad” – DZL
- “Die perfekte een vir my” – Brendan Peyper
- “GI Jane” – Lemé
Kyk die musiekvideo vir Lemé se liedjie “GI Jane”.