Maroela Media Top-20: 22 Februarie 2016

Joshua-na-die-reen-02

Joshua Na Die Reën. Foto: Joshua na die Reën se Facebook-blad.

Vandeesweek is daar nege snitte wat styg, ses wat daal, drie wat hul posisie behou en twee nuwelinge. Cordelia behou haar eerste plek vir die sesde agtereenvolgende week met “Eerste woorde”, maar Bobby van Jaarsveld skuif op na die tweede plek met “Middernagserenade”. Carla Oberholzer en Suzanne sak vandeesweek uit, maar Carla het nog een treffer op die Top-20. Die titelsnit van Lemé se nuwe album, “GI Jane”, tree eindelik in die 20ste plek toe, terwyl Brendan Peyper se nuwe treffer, “Die perfekte een vir my”, sy buiging in die 19de plek maak. Jacqueline styg vier plekke met “Dis hier en nou”, terwyl “Hoofletters” van Sorina sewe plekke daal.

  1. “Eerste woorde” – Cordelia
  2. “Middernagserenade” – Bobby van Jaarsveld
  3. “Ek wens vir jou” – Kurt Darren
  4. “Tot oneindig einde kry” – Andriëtte en André Venter
  5. “Dis hier en nou” – Jacqueline
  6. “Al wat ek weet” – Elvis Blue
  7. “Sporelied” – Jak de Priester
  8. “Wat maak ʼn boer?” – Carla Oberholzer
  9. “ʼn Paw paw vir my darling” – Anton Goosen
  10. “Vir altyd” – Joshua Na Die Reën
  11. “Hoofletters” – Sorina
  12. “Skipper” – Neil Somers
  13. “Laaste lied” – Corlea
  14. “Wees my held” – Sharoney
  15. “Breek die stilte” – Cordelia
  16. “Hartlagsiel” – Burgerd Botha
  17. “Sarie Marais” – Len Muller en Stef Bos
  18. “Langpad” – DZL
  19. “Die perfekte een vir my” – Brendan Peyper
  20. “GI Jane” – Lemé

Kyk die musiekvideo vir  Lemé se liedjie “GI Jane”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.