Maroela Media Top 20: 22 Junie 2015

Riana-Nel-en-die-Heuwels-se-Pierre-Greeff

Foto: ‘n Skermskoot uit die video.

In vandeesweek se Top 20 is daar agt snitte wat styg, vyf wat daal, drie wat in dieselfde plek bly en vier nuwelinge. Leah is vir die sesde week in die eerste plek, maar Jak de Priester en Juanita du Plessis skuif op na onderskeidelik die tweede en die derde plek.

Vier snitte val uit, naamlik “Meer as woorde” van Irene-Louise van Wyk, “Te goed om waar te wees” van PJ Cruz, “Bosveldbloed” van Gerhard Steyn en Richard van der Westhuizen en “My hartjie” van Karlien van Jaarsveld. Karlien tree egter toe met haar nuwe snit, “Geskeurde jeans”, wat vandeesweek in die 18de plek is.

Coffeesnobs se nuwe treffer, “Eie land”, is ‘n nuweling in die 20ste plek. Die titelsnit van Koos van der Merwe se album Tamboerynman is ‘n nuweling in die 16de plek, terwyl Bok van Blerk in die 14de plek toetree met “Sing Afrikaner sing”.

  1. “Met jou klere aan”- Leah
  2. “Reis na gister”- Jak de Priester
  3. “Lief vir jou”- Juanita du Plessis
  4. “Toe vind ek jou”- Francois van Coke en Karen Zoid
  5. “Die hemel”- Elvis Blue
  6. “Ek sweer”- Twee
  7. “Reën”- Gera Phielix
  8. “Tyd”- Nadine
  9. “Al lê die berge nog so blou”- Snotkop en Anders
  10. “Alles naby my”- Roux en Chrsti Cloete
  11. “Ek sing my liedjies net vir jou”- Carike Keuzenkamp
  12. “As hy vir jou nog lief was”- Christiaan Baartman
  13. “Doen net wat ons wil”- Die Heuwels Fantasties en Riana Nel
  14. “Sing Afrikaner sing”- Bok van Blerk
  15. “Die een ding wat ek doen”- Pieter Koen
  16. “Tamboerynman”- Koos van der Merwe
  17. “Ballade vir  ‘n enkeling”- Die Heuwels Fantasties
  18. “Geskeurde jeans”- Karlien van Jaarsveld
  19. “Stop wag bly nog ‘n bietjie”- Brendan Peyper
  20. “Eie land”- Coffeesnobs

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.