Maroela Media Top 20: 23 Februarie 2015

Bobby-van-Jaarsveld-my-alles

Bobby van Jaarsveld se liedjie, My alles, is reeds twee-en-twintig weke op Maroela Media se Top 20. Foto: ‘n Skermskoot uit die musiekvideo van My alles.

Anders behou die eerste plek met Knysna, maar Jack Parow en Janie Bay styg na die tweede plek met Veilig. Verder is daar tien snitte wat styg, sewe wat daal, twee in dieselfde plek as verlede week en een nuweling.  Die snit wat verlede week die meeste plekke gestyg het, Bietjie meer as soen van Anaïs, behou die derde plek.

Elvis Blue val uit die Top 20 en maak plek vir Bobby van Jaarsveld. Sy nuwe treffer, Een vir een, tree in die 20ste plek toe, en hy is ook in die 18de plek met My alles en in die 16de plek met Butterflies saam met Eden. Daar is geen liedjie wat meer as drie plekke styg nie, maar Dewald Wasserfall daal vyf plekke met So eensaam soos die son.

Die oudste snit is My alles van Bobby van Jaarsveld, wat reeds twee-en-twintig weke op die Top 20 is.

  1. Knysna – Anders
  2. Veilig – Jack Parow en Janie Bay
  3. Bietjie meer as soen – Anaïs
  4. Skildery – Nadine
  5. Bring die storm – Nicholis Louw
  6. Dans op die tafels – Kurt Darren
  7. Bly nog so bietjie – Joe Foster
  8. Murg en been – Laurika Rauch
  9. Meer as ‘n vriend – Riana Nel
  10. Laat die wiele rol – Arno Jordaan
  11. Dirty dancing – Eden
  12. Smoorverlief – Adam
  13. Voshaarnooi – Joshua na die Reën
  14. Môre is dalk te laat – Ricky Faber
  15. So eensaam soos die son – Dewald Wasserfall
  16. Butterflies – Eden en Bobby van Jaarsveld
  17. Bring die liefde terug – Gerrie Pretorius
  18. My alles – Bobby van Jaarsveld
  19. Meisie van my hart – Heinz Winckler
  20. Een vir een – Bobby van Jaarsveld

Hier is die musiekvideo van Bobby van Jaarsveld se liedjie, My alles, wat reeds vir twee-en-twintig weke op die Top 20 is:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.