Anders behou die eerste plek met Knysna, maar Jack Parow en Janie Bay styg na die tweede plek met Veilig. Verder is daar tien snitte wat styg, sewe wat daal, twee in dieselfde plek as verlede week en een nuweling. Die snit wat verlede week die meeste plekke gestyg het, Bietjie meer as soen van Anaïs, behou die derde plek.
Elvis Blue val uit die Top 20 en maak plek vir Bobby van Jaarsveld. Sy nuwe treffer, Een vir een, tree in die 20ste plek toe, en hy is ook in die 18de plek met My alles en in die 16de plek met Butterflies saam met Eden. Daar is geen liedjie wat meer as drie plekke styg nie, maar Dewald Wasserfall daal vyf plekke met So eensaam soos die son.
Die oudste snit is My alles van Bobby van Jaarsveld, wat reeds twee-en-twintig weke op die Top 20 is.
- Knysna – Anders
- Veilig – Jack Parow en Janie Bay
- Bietjie meer as soen – Anaïs
- Skildery – Nadine
- Bring die storm – Nicholis Louw
- Dans op die tafels – Kurt Darren
- Bly nog so bietjie – Joe Foster
- Murg en been – Laurika Rauch
- Meer as ‘n vriend – Riana Nel
- Laat die wiele rol – Arno Jordaan
- Dirty dancing – Eden
- Smoorverlief – Adam
- Voshaarnooi – Joshua na die Reën
- Môre is dalk te laat – Ricky Faber
- So eensaam soos die son – Dewald Wasserfall
- Butterflies – Eden en Bobby van Jaarsveld
- Bring die liefde terug – Gerrie Pretorius
- My alles – Bobby van Jaarsveld
- Meisie van my hart – Heinz Winckler
- Een vir een – Bobby van Jaarsveld
Hier is die musiekvideo van Bobby van Jaarsveld se liedjie, My alles, wat reeds vir twee-en-twintig weke op die Top 20 is: