Maroela Media Top 20: 23 Maart 2015

Die-Heuwels-Fantasties

Pierre Greeff, Fred den Hartog en Hunter Kennedy van Die Heuwels Fantasties maak hul debuut in die veertiende plek met ‘Ballade vir ‘n enkeling’; die hoogste nuweling tot dusver vanjaar. Foto: Twitter.com

In vandeesweek se Top 20 is daar elf snitte wat styg, sewe wat daal en twee nuwelinge. Die nuwe nr. 1-treffer is Laat die wiele rol van Arno Jordaan, terwyl Anaïs terugsak na die derde plek.

Nicholis Louw styg vyf plekke met Miljoene soene (hy is ook in die negende plek met Bring die storm) en Knysna van Anders daal ses plekke. Dirty dancing van Eden sak uit (hulle is egter nog op die Top 20 met Jy soen alles reg en Butterflies, laasgenoemde saam met Bobby van Jaarsveld) terwyl Veilig van Jack Parow en Janie Bay sommer vanuit die twaaldfe plek uitval.

Gerhard Steyn tree in die twintigste plek toe met Afrikaanse meisies en Die Heuwels Fantasties maak hul debuut in die veertiende plek met Ballade vir ‘n enkeling; die hoogste nuweling tot dusver vanjaar.

  1. Laat die wiele rol – Arno Jordaan
  2. Meer as ‘n vriend – Riana Nel
  3. Bietjie meer as soen – Anaïs
  4. Butterflies – Eden en Bobby van Jaarsveld
  5. Jy soen alles reg – Eden
  6. Voshaarnooi – Joshua na die Reën
  7. Een vir een – Bobby van Jaarsveld
  8. Bly nog net so bietjie – Joe Foster
  9. Bring die storm – Nicholis Louw
  10. Mosterdsaad – Manne wat Glo
  11. My hartjie – Karlien van Jaarsveld
  12. Skildery – Nadine
  13. Miljoene soene – Nicholis Louw
  14. Ballade vir ‘n enkeling – Die Heuwels Fantasties
  15. Knysna – Anders
  16. Sit vanaad op herhaal – Vaughan Gardiner
  17. Bring die liefde terug – Gerrie Pretorius
  18. Sonder liefde – Gert Loubser
  19. Môre is dalk te laat – Ricky Faber
  20. Afrikaanse meisies – Gerhard Steyn

Hierdie is die video van Die Heuwels Fantasties wat die temalied vir die rolprent, Ballade vir ‘n enkeling sing:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.