Maroela Media Top 20: 23 November 2015

Amor Vittone se jongste album met een van die snitte "Alles net oor jou". Foto: Facebook.

Amor Vittone se jongste album met een van die snitte “Alles net oor jou”. Foto: Facebook.

In vandeesweek se Top 20 is daar tien snitte wat styg, sewe wat daal, twee wat hul posisies behou en een nuweling. Elke snit wat Leah tot dusver op die Top 20 gehad het, het die eerste plek gehaal, en met “Meer as niks” maak sy weer só; sy styg twee plekke om die eerste plek te bereik.

Jannie en Corlea daal na die derde plek terwyl Cordelia haar posisie behou, maar steeds die kans het om binnekort nr. 1 te haal. Jennifer Zamudio is vandeesweek in groot moeilikheid; “Sê dit harder” sak uit en haar ander treffer, “Hart en siel”, saam met Rudi Claase, sak terug.

Vandeesweek se nuweling is Amor Vittone  se eerste album in ses jaar, “Alles net oor jou”. Met hierdie snit maak Carla Oberholzer, wat in die sewende plek met haar eie treffer, “Jy los my alleen”, is, haar debuut op die Top 20 as  liedjieskrywer vir ‘n ander kunstenaar. Sy is ook een van vyf kunstenaars wat elk vier plekke styg. Brendan Peyper daal ses plekke met “Tafelberg vir twee”.

  1. “Meer as niks”- Leah
  2. “Breek die stilte”- Cordelia
  3. “Alle paaie lei na Rome”- Jannie en Corlea
  4. “Biker angel”- Anton Myburgh
  5. “Pêrel vir ʼn kroon”- Andriëtte
  6. “Wat nou?”- Adam en  Vaughan Gardiner
  7. “Jy los my alleen”- Carla Oberholzer
  8. “Sarie Marais”- Len Muller en Stef Bos
  9. “Mal in jou kop”- Cordelia
  10. “Ek onthou”- Anders
  11. “Tafelberg vir twee”- Brendan Peyper
  12. “Wat weet ek tog?”- Martin Bester
  13. “Langpad”- DZL
  14. “Duidelik soos daglig”- Anaïs
  15. “Geboorteland”- Manne wat Glo
  16. “Gee my jou hart”- Tiro
  17. “Hart en siel”- Jennifer Zamudio en Rudi Claase
  18. “Môre kan maar kom”- Elvis Blue
  19. “Die man vir jou”- André Venter
  20. “Alles net oor jou”- Amor Vittone

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.