Maroela Media Top 20: 24 Augustus 2015

Andriëtte-met-Pêrel-vir-n-kroon

Andriëtte se liedjie “Pêrel vir ‘n kroon” is nr. 10 in vandeesweek se Top 20. Foto: Facebook.

In hierdie week se Top 20 is daar nege snitte wat styg, nege wat daal en twee nuwelinge. Juanita neem die nr. 1-posisie oor met haar nuwe treffer, “Hambamba”, en nadat hulle verlede week die kunstenaars was wat die meeste plekke gedaal het, styg Coffeesnobs vandeesweek ses plekke tot by nr. 2 met “Eie land”. Dit is trouens die grootste styging van die week.

Carike Keuzenkamp, verlede week se nr. 1, daal tot by die derde plek. Brendan Peyper daal vandag agt plekke tot by nr. 14. Bok van Blerk en Irene-Louise van Wyk val uit die Top 20. Die titelsnit van Elvis Blue se nuwe album, “Êrens in die middel van nêrens”, tree in die 20ste plek toe en André Venter se eerste solotreffer, “Die man vir jou”, is ‘n nuweling in die 17de plek.

  1. “Hambamba” – Juanita du Plessis
  2. “Eie land”- Coffeesnobs
  3. “Ek sing my liedjies net vir jou”- Carike Keuzenkamp
  4. “Geskeurde jeans”- Karlien van Jaarsveld
  5. “Mal in jou kop” – Cordelia
  6. “Eendag op ‘n reëndag”- Neil Somers
  7. “Mona Lisa”- Joe Foster
  8. “Met jou klere aan”- Leah
  9. “Die eggo van jou oë”- Jannie du Toit
  10. “Pêrel vir ‘n kroon”- Andriëtte
  11. “‘n Tas vol Cash”- Adam Tas
  12. “Asemloos”- Liezel Pieters
  13. “Alles naby my”- Roux en Christi Cloete
  14. “Stop wag bly nog ‘n bietjie”- Brendan Peyper
  15. “Amsterdam”- Dewald Wasserfall
  16. “Die hemel”- Elvis Blue
  17. “Die man vir jou”- André Venter
  18. “Ek kan jou nie keer”- NRG
  19. “Meer as genoeg”- Stadsboer
  20. “Êrens in die midde van nêrens”- Elvis Blue

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.