Maroela Media Top 20 25 Augustus 2014

 

Elizma Theron en Nicholis Louw (foto: afrikaanse-musiek.co.za)

Elizma Theron en Nicholis Louw (foto: afrikaanse-musiek.co.za)

Hier is vandeesweek se Maroela Media Top 20. Laurika Rauch is weer in die eerste plek, maar ‘n sterk kandidaat vir die nr. 1-posisie, Kaleidoskoop se jongste treffer, Roadtrip, skuif in die tweede plek in met Snotkop se nuwe een, Agter op my fiets in die derde plek. Lukas de Beer sak vanuit die twaalfde plek heeltemal uit die Top 20, en in sy plek is die nuwe duet-treffer van Elizma Theron en Nicholis Louw, naamlik Sout, vanaf Elizma se nuwe album, Stilte en storms. Hulle het groot sukses met Kom ons vat ‘n kans behaal; dalk word hiedie een ook ‘n baie groot treffer. Steve Hofmeyr en manne wat Glo styg elk vier plekke, terwyl Bok van Blerk drie plekke daal.  Plain Jane van Ampie du Preez is sowaar nog op die Top 20 na 23 weke, maar hy is vandeesweek in die 20ste plek, en sal moontlik aanstaande week uitsak.

  1. As ek eendag oud is- Laurika Rauch
  2. Roadtrip- Kaleidoskoop
  3. Agter op my fiets- Snotkop
  4. My hart bloei vir jou- Elizman Theron
  5. Dradloos-dae- Adam Tas
  6. As vandag my laaste dag is- Juanita du Plessis
  7. Deur U krag- Manne wat Glo
  8. Tweede kans- Riana Nel
  9. Sit jou hand op jou mond- Liza Brönner
  10. Koue voete warm liefde- Bok van Blerk
  11. Posduif- Chris Chameleon en Daniëlla deysel
  12. Iemand as jou hart breek- Willem Botha
  13. Weier- Riana nel
  14. Roccobilly- Rocco de Villiers
  15. In my oë- Glanz
  16. Sit die ligte aan- Steve Hofmeyr
  17. As jy hier is- Arno Jordaan
  18. Toe ons jonk was- Elvis Blue
  19. Sout- Elizma Theron en Nicholis Louw
  20. Plain Jane- Ampie du Preez

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.