Daar is vandeesweek sewe snitte wat styg, sewe wat daal, vier wat onveranderd bly en twee nuwelinge. Cordelia behou haar eerste plek met “Eerste woorde”, maar Carla Oberholzer skuif op na die tweede plek met “Wat maak ʼn boer?” Irene-Louise van Wyk en Elvis se Seun se treffer, “Jy speel ‘n game met my”, is die eerste liedjie in ‘n baie lang tyd wat uitval nadat dit net een week op die Top-20 was.
Die ander snit wat uitval is “Alle paaie lei na Rome” van Jannie en Corlea. Corlea keer egter dadelik terug met haar nuwe solo-treffer, “Laaste lied”, wat in die 19de plek toetree. Die ander nuweling is “Vir altyd”, die temaliedjie uit die gelyknamige rolprent deur Joshua na die Reën, wat sy verskyning in die 18de plek maak. Anton Goosen en Elvis Blue styg elk vyf plekke, terwyl Martin Bester, Andriëtte en Carla Oberholzer elk vier plekke daal.
- “Eerste woorde” – Cordelia
- “Wat maak ʼn boer?” – Carla Oberholzer
- “Sarie Marais” – Len Muller en Stef Bos
- “Hoofletters” – Sorina
- “Ek wens vir jou” – Kurt Darren
- “Langpad” – DZL
- “Tot oneindig einde kry” – Andriëtte en André Venter
- “Middernagserenade” – Bobby van Jaarsveld
- “Belofte” – Suzanne
- “Jy los my alleen” – Carla Oberholzer
- “ʼn Paw paw vir my darling” – Anton Goosen
- “Breek die stilte” – Cordelia
- “Al wat ek weet” – Elvis Blue
- “Niks kan my keer nie” – Candy Benson
- “Die nostalgie” – Wit Kasteel
- “Bittersoet van liefde” – Andriëtte
- “Wat weet ek tog?” – Martin Bester
- “Vir altyd” – Joshua na die Reën
- “Laaste lied” – Corlea
- “Meer as niks” – Leah
Kyk Carla Oberholzer se musiekvideo vir die liedjie “Wat maak ʼn boer?”
Haai daar Carla, sommer baie trots op jou met “Wat maak ‘n Boer” wat so goed doen op die Top 20 geweet dit gaan ‘n Hit wees want dit raak so baie mense se harte veral die boere. Dit is regtig so ‘n mooi liedjie en kan nie wag vir die volgende een nie. Baie voorspoed met jou sang loopbaan en wens jou net die beste toe want jy verdien dit regtig.
Baie liefde groete Tannie Petro
En baie geluk ook met die ander liedjie Jy los my alleen, wat net so goed doen jy weet dit was sommer my gunsteling van die begin af.
Baie liefde groete