Maroela Media Top-20: 25 Januarie 2016

Argieffoto.

Argieffoto.

Daar is vandeesweek sewe snitte wat styg, sewe wat daal, vier wat onveranderd bly en twee nuwelinge. Cordelia behou haar eerste plek met “Eerste woorde”, maar Carla Oberholzer skuif op na die tweede plek met “Wat maak ʼn boer?”  Irene-Louise van Wyk en Elvis se Seun se treffer, “Jy speel ‘n game met my”, is die eerste liedjie in ‘n baie lang tyd wat uitval nadat dit net een week op die Top-20 was.

Die ander snit wat uitval is “Alle paaie lei na Rome” van Jannie en Corlea. Corlea keer egter dadelik terug met haar nuwe solo-treffer, “Laaste lied”, wat in die 19de plek toetree. Die ander nuweling is “Vir altyd”, die temaliedjie uit die gelyknamige rolprent deur Joshua na die Reën, wat sy verskyning in die 18de plek maak. Anton Goosen en Elvis Blue styg elk vyf plekke, terwyl Martin Bester, Andriëtte en Carla Oberholzer elk vier plekke daal.

  1. “Eerste woorde” – Cordelia
  2. “Wat maak ʼn boer?” – Carla Oberholzer
  3. “Sarie Marais” – Len Muller en Stef Bos
  4. “Hoofletters” – Sorina
  5. “Ek wens vir jou” – Kurt Darren
  6. “Langpad” – DZL
  7. “Tot oneindig einde kry” – Andriëtte en André Venter
  8. “Middernagserenade” – Bobby van Jaarsveld
  9. “Belofte” – Suzanne
  10. “Jy los my alleen” – Carla Oberholzer
  11. “ʼn Paw paw vir my darling” – Anton Goosen
  12. “Breek die stilte” – Cordelia
  13. “Al wat ek weet” – Elvis Blue
  14. “Niks kan my keer nie” – Candy Benson
  15. “Die nostalgie” – Wit Kasteel
  16. “Bittersoet van liefde” – Andriëtte
  17. “Wat weet ek tog?” – Martin Bester
  18. “Vir altyd” – Joshua na die Reën
  19. “Laaste lied” – Corlea
  20. “Meer as niks” – Leah

Kyk Carla Oberholzer se musiekvideo vir die liedjie “Wat maak ʼn boer?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Petro Pretorius Centurion ·

Haai daar Carla, sommer baie trots op jou met “Wat maak ‘n Boer” wat so goed doen op die Top 20 geweet dit gaan ‘n Hit wees want dit raak so baie mense se harte veral die boere. Dit is regtig so ‘n mooi liedjie en kan nie wag vir die volgende een nie. Baie voorspoed met jou sang loopbaan en wens jou net die beste toe want jy verdien dit regtig.
Baie liefde groete Tannie Petro

Petro Pretorius Centurion ·

En baie geluk ook met die ander liedjie Jy los my alleen, wat net so goed doen jy weet dit was sommer my gunsteling van die begin af.
Baie liefde groete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.