Maroela Media Top 20: 25 Mei 2015

Leah-Wonderwerk

Leah se debuutalbum, Wonderwerk. Foto: Verskaf.

In vandeesweek se Top 20 is daar 11 snitte wat styg, ses wat daal, een in dieselfde plek as verlede week en twee nuwelinge.

Leah behou haar eerste plek, terwyl Pieter Koen na die tweede plek opskuif. Albei nuwelinge kom uit die pas afgelope Afri-Visie-kompetisie: Christiaan Baartman tree in die 20ste plek toe met “As hy vir jou nog lief was” en Gera Phielix is in die 19de plek met “Reën”.

Die twee snitte wat uitsak, is “Klapsoen” van Bouwer Bosch en Almarie du Preez, en “Afrikaanse meisies” van Gerhard Steyn. “Ek sweer” van Twee styg vyf plekke na die 13de plek, terwyl Nicholis Louw vyf plekke daal met “Miljoene soene”.

1. “Met jou klere aan” – Leah

2. “Die een ding wat ek doen” – Pieter Koen

3. “Bosveldbloed” – Gerhard Steyn en Richard van der Westhuizen

4. “Ballade vir ’n enkeling” – Die Heuwels Fantasties

5. “Toe vind ek jou” – Francois van Coke en Karen Zoid

6. “Tyd” – Nadine

7. “Reis na gister” – Jak de Priester

8. “My hartjie” – Karlien van Jaarsveld

9. “Lief vir jou” – Juanita du Plessis

10. “Meer as woorde” – Irene-Louise van Wyk

11. “Miljoene soene” – Nicholis Louw

12. “Al lê die berge nog so blou” – Snotkop en Anders

13. “Ek sweer” – Twee

14. “Een vir een” – Bobby van Jaarsveld

15. “Voshaarnooi” – Joshua Na Die Reën

16. “Te goed om waar te wees” – PJ Cruz

17. “Mosterdsaad” – Manne wat Glo

18. “Hand op my hart” – 4 Werke

19. “Reën” – Gera Phielix

20. “As hy vir jou nog lief was” – Christiaan Baartman

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.