Maroela Media Top 20: 26 Januarie 2015

Joe-Foster

Joe Foster met sy liedjie, Bly nog net so bietjie, is een van die nuwelinge op hierdie week se Maroela Media Top 20. Foto: Argief.

In hierdie week se Top 20 is daar elf snitte wat styg, ses wat daal en een liedjie wat in dieselfde plek as verlede week. Ons het ook twee nuwelinge.

Nadine behou die eerste plek, maar Laurika Rauch skuif in die tweede plek in. Anders se temaliedjie uit die rolprent Knysna styg vier plekke na die sesde plek, terwyl Ligjare weg van Rinel Day vier plekke daal.

Andriëtte en Dewald Wasserfall verlaat vandeesweek die Top 20 (Dewald se jongste treffer, So eensaam soos die son, is egter in die twaalfde plek), en twee kunstenaars wat in die verlede goed gepresteer het, tree toe met hul nuwe treffers.

Riana Nel se voormalige nr. 1-treffer, Weier, is nou al 24 weke op die Top 20, maar haar nuwe een, Meer as ‘n vriend, tree in die 20ste plek toe. Joe Foster se tweede solo-treffer, Bly nog net so bietjie, is die ander nuweling, en maak sy verskyning in die 19de plek.

  1. Skildery – Nadine
  2. Murg en been – Laurika Rauch
  3. Bring die storm – Nicholis Louw
  4. Dirty dancing – Eden
  5. Mooi – Elvis Blue
  6. Knysna – Anders
  7. My alles – Bobby van Jaarsveld
  8. Meisie van my hart – Heinz Winckler
  9. Dans op die tafels – Kurt Darren
  10. Ek verlang na jou – Marius Strydom
  11. Trane – Elizma Theron
  12. So eensaam soos die son – Dewald Wasserfall
  13. Soet en suur – Burgerd en Zita
  14. Veilig – Jack Parrow en Janie Bay
  15. Ligjare weg – Rinel Day
  16. Weier – Riana Nel
  17. Smoorverlief – Adam
  18. Bietjie meer as soen – Anaïs
  19. Bly nog net so bietjie – Joe Foster
  20. Meer as ‘n vriend – Riana Nel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.