Maroela Media Top 20: 26 Oktober 2015

Stef-Bos-en-Len-Muller

Stef Bos en Len Muller sing ‘n nuwe weergawe van Sarie Marais. Foto: Facebook.

In vandeesweek se Top 20 is daar tien snitte wat styg, ses wat daal, twee wat in dieselfde posisie bly en twee nuwelinge. Andriëtte is nou al vyf weke in die nr. 1-posisie, maar Anders skuif op na die tweede plek. Die groot nuus onder die eerste vyf is egter dat Brendan Peyper vier plekke styg en vandeesweek in die derde plek is.

Elvis Blue en Jak de Priester sak uit, maar Elvis Blue keer onmiddellik terug met sy nuwe treffer, “Môre kan maar kom”, wat in die 19ste plek toetree. Die ander nuweling is Len Muller en Stef Bos, wat in die 18de plek toetree met hul weergawe van “Sarie Marais”. Jannie en Corlea is die ander kunstenaars wat vier plekke styg, terwyl André Venter en Ampie elk vier plekke daal.

  1. “Pêrel vir ʼn kroon”- Andriëtte
  2. “Ek onthou”- Anders
  3. “Tafelberg vir twee”- Brendan Peyper
  4. “Sê dit harder”- Jennifer Zamudio
  5. “Mal in jou kop”- Cordelia
  6. “Alle paaie lei na Rome”- Jannie en Corlea
  7. “Breek die stilte”- Cordelia
  8. “Die man vir jou”- André Venter
  9. “Meer as niks”- Leah
  10. “Jou mond”- Ampie
  11. “Van toeka tot nou”- Jakkie Louw
  12. “Biker angel”- Anton Myburgh
  13. “Ek sal jou moet laat gaan”- Ray Dylan
  14. “Wat nou?” – Adam en Vaughan Gardiner
  15. “Gee my jou hart”- Tiro
  16. “Eendag op ʼn reëndag”- Neil Somers
  17. “Jy los my alleen”- Carla Oberholzer
  18. “Sarie Marais”- Len Muller en Stef Bos
  19. “Môre kan maar kom”- Elvis Blue
  20. “Mona Lisa”- Joe Foster

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hylke-Age Ramselaar ·

Mooi !! lekker om die boerentaal te luister ! baie dankie Zuid -Afrika .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.