Hier is ‘n samevatting van die Top 20: Daar sewe snitte wat styg, agt wat daal, twee op dieselfde plek as verlede week en drie nuwelinge.
Die drie snitte wat uitval, is “Sonder liefde” van Gert Loubser, “Sit vanaand op herhaal” van Vaughan Gardiner en Anaïs se voormalige nr. 1-treffer, “Bietjie meer as soen”. Juanita du Plessis is in die 19de plek met “Lief vir jou”, die eerste enkelsnit vanaf haar nuwe Afrikaanse CD, terwyl Jak de Priester in die 17de plek toetree met “Reis na gister”.
Leah se eerste treffer, “Ek moes jou gesoen het”, was 2014 se Treffer van die Jaar, en sy is terug met die eerste enkelsnit vanaf haar album Wonderwerk. “Met jou klere aan” is die hoogste nuweling tot dusver vanjaar en tree toe in die 12de plek.
Hoewel Karlien van Jaarsveld haar eerste plek behou, is sy onder groot druk van Die Heuwels Fantasties, wat vyf plekke styg tot by die tweede plek met hul weergawe van “Ballade vir ‘n enkeling”. Eden daal vyf plekke tot by nr. 9 met “Jy soen alles reg”.
- “My hartjie”- Karlien van Jaarsveld
- “Ballade vir ‘n enkeling”- Die Heuwels Fantasties
- “Miljoene soene”- Nicholis Louw
- “Voshaarnooi”- Joshua Na Die Reën
- “Afrikaanse meisies”- Gerhard Steyn
- “Een vir een”- Bobby van Jaarsveld
- “Die een ding wat ek doen”- Pieter Koen
- “Mosterdsaad”- Manne wat Glo
- “Jy soen alles reg”- Eden
- “Bosveldbloed”- Gerhard Steyn en Richard van der Westhuizen
- “Laat die wiele rol”- Arno Jordaan
- “Met jou klere aan”- Leah
- “Tyd”- Nadine
- “Klapsoen”- Bouwer Bosch en Almarie du Preez
- “Wolraad Woltemade”- Hennie Jacobs
- “Meer as ‘n vriend”- Riana Nel
- “Reis na gister”- Jak de Priester
- “Butterflies”- Eden en Bobby van Jaarsveld
- “Lief vir jou”- Juanita du Plessis
- “Meer as woorde”- Irene-Louise van Wyk
Ek dink julle het dalk ‘n fout gemaak, Die Heuwels Fantasties sing nie Voshaarnooi nie. Is dit nie dalk Joshua na die reën se weergawe van Voshaarnooi nie
Dagsê Jake
Dankie dat jy laat weet. Ons het gou ‘n regstelling gedoen.
Groetnis
Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media
Almal sing. Die wat kan sing, sing en die wat nie kan sing, sing ook. Nou gaan die byle huil, of sing?