In hierdie week se Top 20 is daar elf snitte wat styg, sewe wat daal een wat sy plek behou en een nuweling. Roux en Christi Cloete is steeds in die eerste plek, maar Carike Keuzenkamp en Karlien van Jaarsveld styg na onderskeidelik die tweede en derde plek. Enige van hierdie twee kusntenaars kan aanstande week die nr. 1-posisie oorneem.
Francois van Coke en Karen Zoid sak uit en in hul plek tree Neil Somers se nuwe treffer, “Eendag op ‘n reëndag”, in die 19de plek toe. Nadat Cordelia verlede week opnuut toegetree het met “Mal in jou kop” styg sy vandeesweek ses plekke terwyl Jak de Priester sewe plekke daal.
- “Alles naby my”- Roux en Christi Cloete
- “Ek sing my liedjies net vir jou”- Carike Keuzenkamp
- “Geskeurde jeans”- Karlien van Jaarsveld
- “Met jou klere aan”- Leah
- “Die hemel”- Elvis Blue
- “Stop wag bly nog ‘n bietjie”- Brendan Peyper
- “Eie land”- Coffeesnobs
- “Doen net wat ons wil”- Die Heuwels Fantasties en Riana Nel
- “Mal in jou kop”- Cordelia
- “Meer as genoeg”- Stadsboer
- “Sing Afrikaner sing”- Bok van Blerk
- “Wie is die vrou in jou arms vanaand?”- Irene-Louise van Wyk
- “Asemloos”- Liezel Pieters
- “Reis na gister”- Jak de Priester
- “Hambamba”- Juanita du Plessis
- “Mona Lisa”- Joe Foster
- “Lief vir jou”- Juanita du Plessis
- “Ek sweer”- Twee
- “Eendag op ‘n reëndag”- Neil Somers
- “Reën”- Gera Phielix
Hier is ‘n kort musiekvideo van hierdie week se nr. 1 op die Top 20:
https://youtu.be/eDZpbs36pF0