Maroela Media Top 20 27 Oktober 2014

EdenHier is Maroela Media se Top 20 vir vandeesweek; die eerste twee plekke is steeds onveranderd, maar Dewald Wasserfall skuif op na die derde plek toe. Daar is weer drie nuwelinge; die liedjies wat uitsak om plek te maak daarvoor, is As ek eendag ophou droom van Juba, Elizma Theron en Nicholis Louw se duet-treffer Sout (Elizma is egter nog op die Top 20 met Trane en Nicholis behoort ook binnekort met sy nuwe treffer, Bring die storm, toe te tree) en Deur U krag van Manne wat Glo. Emo Adams tree vandeesweek toe met Is duidelik, Nadine maak haar verskyning met die titelsnit van haar nuwe album, Skildery en die hoogste nuweling is Eden (op die foto)  se Dirty dancing, vanaf hul eerste album in vier jaar. Juanita du Plessis styg sewe plekke met My antwoord en eienaardig genoeg is daar geen snit wat meer as drie plekke daal nie.

  1. Weier- Riana Nel
  2. Sit die ligte aan- Steve Hofmeyr
  3. Gebore om te lewe- Dewald Wasserfall
  4. As jy hier is- Arno Jordaan
  5. Ligjare weg- Rinel Day
  6. Roadtrip- Kaleidoskoop
  7. My alles- Bobby van Jaarsveld
  8. Noodlanding- Lianie May
  9. As ek eendag oud is- Laurika Rauch
  10. Cowboys en crooks- Kurt Darren
  11. Waterval- Romanz
  12. Smag na jou- Len Muller
  13. My antwoord- Juanita du Plessis
  14. Richterskaal- Arno Jordaan
  15. Trane- Elizma Theron
  16. Jy is my rede- Burgerd en Zita
  17. Dirty dancing- Eden
  18. Skildery- Nadine
  19. Agter op my fiets- Snotkop
  20. Is duidelik- Emo Adams

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.