Maroela Media Top 20: 28 Maart 2016

Len-Muller

Len Muller. Foto: Facebook.

Vandag verskyn die heel laaste Maroela Media Top 20 in sy huidige formaat. Agt snitte skuif hoër op die lys, agt daal en drie behou hul posisies. “Dis hier en nou”, van Jacqueline, is vandeesweek se toptreffer.

Len Muller en Stef Bos se weergawe van “Sarie Marais” sak uit, maar Len keer dadelik terug met “Vir die een wat geval het”, saam met Joshua Na Die Reën. Brendan Peyper se weergawe van “Die perfekte een vir my” styg met ses plekke nadat hy verlede week teruggesak het, terwyl “Tot oneindig einde kry” van Andriëtte en André Venter met vier plekke daal.

  1. “Dis hier en nou” – Jacqueline
  2. “Eerste woorde” – Cordelia
  3. “Vir altyd” – Joshua Na Die Reën
  4. “Modder en bloed” – Bok van Blerk
  5. “Sporelied” – Jak de Priester
  6. “Wees my held” – Sharoney
  7. “Gebed vir ons land” – Belinda Brönner
  8. “Ek wens vir jou” – Kurt Darren
  9. “Die perfekte een vir my” – Brendan Peyper
  10. “Bou aan liefde” – Vaughan Gardiner
  11. “Skipper” – Neil Somers
  12. “Al wat ek weet” – Elvis Blue
  13. “Jonk en mooi” – Heidi
  14. “GI Jane” – Lemé
  15. “Te laat vir totsiens” – Amor Vittone
  16. “Tot oneindig einde kry” – Andriëtte en André Venter
  17. “Middernagserenade” – Bobby van Jaarsveld
  18. “Vir die een wat geval het” – Len Muller en Joshua Na Die Reën
  19. “Vir my gemaak” – Joe Foster
  20. “Wat maak ʼn boer?” – Carla Oberholzer

Kyk na Len Muller en Joshua Na Die Reën se musiekvideo vir die liedjie “Vir die een wat geval het”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.