Maroela Media Top 20: 28 September 2015

Andriette-Norman

Andriëtte Norman. Foto: Musicians.co.za

Daar is vandeesweek tien snitte wat styg, agt wat daal en twee nuwelinge. Andriëtte neem die eerste plek oor met “Pêrel vir ‘n kroon” terwyl Cordelia na die tweede plek terugsak. Die titelsnit van Cordelia se album, “Breek die stilte”, is egter een van vandeesweek se nuwelinge; sy tree in die 19de plek toe. Die ander nuweling is Ray Dylan se jongste treffer, “Ek sal jou moet laat gaan”.

Die twee kunstenaars wat uitval om plek vir hulle te maak, is Adam Tas en Karlien van Jaarsveld.  Ampie styg vyf plekke met “Jou mond” terwyl Jannie du Toit en Juanita du Plessis elk vier plekke daal. Leah is steeds die kunstenaar wat die langste op die Top 20 is; “Met jou klere aan” is vandeesweek in die 18de plek.

  1. “Pêrel vir ʼn kroon”- Andriëtte
  2. “Mal in jou kop”- Cordelia
  3. “Mona Lisa”- Joe Foster
  4. “Eendag op ʼn reëndag”- Neil Somers
  5. “Die man vir jou”- André Venter
  6. “Van toeka tot nou”- Jakkie Louw
  7. “Ek onthou”- Anders
  8. “Êrens in die middel van nêrens”- Elvis Blue
  9. “Sê dit harder”- Jennifer Zamudio
  10. “Die eggo van jou oë”- Jannie du Toit
  11. “Jou mond”- Ampie
  12. “Só het ek jou ma ontmoet”- Pierre Rossouw
  13. “Lentevrolikheid”- Die Ventertjies
  14. “Tafelberg  vir twee”- Brendan Peyper
  15. “Hambamba”- Juanita du Plessis
  16. “Eie land”- Coffeesnobs
  17. “Hier kom die somer”- Jak de Priester
  18. “Met jou klere aan”- Leah
  19. “Breek die stilte”- Cordelia
  20. “Ek sal jou moet laat gaan”- Ray Dylan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.