Daar is vandeesweek tien snitte wat styg, agt wat daal, een wat onveranderd bly en een nuweling. Aan die einde van November verlede jaar was Cordelia heel bo en heel onder aan die Top-20 met “Breek die stilte” en “Eerste woorde” onderskeidelik. Vandeesweek is die volgorde omgekeer: “Eerste woorde” is vir die sewende week in die nr. 1-posisie en “Breek die stilte” daal vyf plekke na die 20ste plek. Dit is trouens die snit wat vandeesweek die meeste plekke daal. Langpad van DZL sak uit en in die plek daarvan tree Belinda Brönner en Vriende se “Gebed vir ons land” in die 19de plek toe. Lemé, Brendan Peyper en Joshua Na Die Reën styg elk drie plekke.
- “Eerste woorde” – Cordelia
- “Ek wens vir jou” – Kurt Darren
- “Middernagserenade” – Bobby van Jaarsveld
- “Dis hier en nou” – Jacqueline
- “Tot oneindig einde kry” – Andriëtte en André Venter
- “Sporelied” – Jak de Priester
- “Vir altyd” – Joshua Na Die Reën
- “Al wat ek weet” – Elvis Blue
- “Wat maak ʼn boer?” – Carla Oberholzer
- “Skipper” – Neil Somers
- “ʼn Paw paw vir my darling” – Anton Goosen
- “Laaste lied” – Corlea
- “Wees my held” – Sharoney
- “Hartlagsiel” – Burgerd Botha
- “Hoofletters” – Sorina
- “Die perfekte een vir my” – Brendan Peyper
- “GI Jane” – Lemé
- “Sarie Marais” – Len Muller en Stef Bos
- “Gebed vir ons land” – Belinda Brönner en Vriende
- “Breek die stilte” – Cordelia
Kyk die musiekvideo vir Brendan Peyper se liedjie “Die perfekte een vir my”.