Maroela Media Top 20: 3 Augustus 2015

Coffee-Snobs

Die musiekgroep, Coffee Snobs, bestaan Vernette Wessels, Wicus Struwig, Marius Wessels en Johan Willemse. Foto: Facebook.

In  vandeesweek se Top 20 is daar nege snitte wat styg, sewe wat daal, twee wat hul posisies behou en twee nuwelinge.  Roux en Christi Cloete verloor hul eerste plek terwyl “Geskeurde jeans” van Karlien van Jaarsveld die nuwe nr. 1-treffer is. Carike Keuzenkamp behou haar tweede plek. Neil Somers styg agt plekke na nr. 11 met “Eendag op ‘n reëndag” terwyl Die Heuwels Fantasties en Riana Nel sewe plekke daal na nr. 15.

Die twee snitte wat vandeesweek uitsak, is “Reën” van Gera Phielix en “Lief vir jou” van Juanita du Plessis. Juanita se nuwe treffer, “Hambamba”, is egter in die tiende plek. Die twee nuwelinge is “Die eggo van jou oë” van Jannie du Toit en “‘n Tas vol Cash” van Adam Tas, wat onderskeidelik in die 19de en 18de plek toetree.

  1. “Geskeurde jeans”- Karlien van Jaarsveld
  2. “Ek sing my liedjies net vir jou”- Carike Keuzenkamp
  3. “Alles naby my”- Roux en Christi Cloete
  4. “Met jou klere aan”- Leah
  5. “Stop wag bly nog ‘n bietjie”- Brendan Peyper
  6. “Eie land”- Coffeesnobs
  7. “Mal in jou kop”- Cordelia
  8. “Die hemel”- Elvis Blue
  9. “Meer as genoeg”- Stadsboer
  10. “Hambamba”- Juanita du Plessis
  11. “Eendag op ‘n reëndag”- Neil Somers
  12. “Asemloos”- Liezel Pieters
  13. “Sing Afrikaner sing”- Bok van Blerk
  14. “Mona Lisa”- Joe Foster
  15. “Doen net wat ons wil”- Die Heuwels Fantasties en Riana Nel
  16. “Wie is die vrou in jou arms vanaand?”- Irene-Louise van Wyk
  17. “Reis na gister”- Jak de Priester
  18. “‘n Tas vol Cash”- Adam Tas
  19. “Die eggo van jou oë”- Jannie du Toit
  20. “Ek sweer”- Twee

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.