Maroela Media Top 20: 30 November 2015

Cordelia-Eerste-woorde

Cordelia het nie minder as drie liedjies op hierdie week se Top 20 nie. Foto: Verskaf.

In vandeesweek se Top 20 is daar nege snite wat styg, ses wat daal, vier wat hul posisies behou en een nuweling. Dit is ‘n groot week vir Cordelia; sy is moontlik die eerste kunstenaar wat drie solotreffers tegelyk op die Top 20 het. Die titelsnit van haar jongste album, Breek die stilte, is die nuwe nr. 1-treffer, terwyl haar jongste een, “Eerste woode”, in die 20ste plek toetree en vandeesweek se enigste nuweling is.

“Die man vir jou” van André Venter is die snit wat vandeesweek uitsak. Daar is geen groot spronge vandeesweek nie; Amor Vittone styg drie plekke, terwyl Brendan Peyper vier plekke daal.

  1. “Breek die stilte”- Cordelia
  2. “Meer as niks”- Leah
  3. “Alle paaie lei na Rome”- Jannie en Corlea
  4. “Biker angel”- Anton Myburgh
  5. “Pêrel vir ʼn kroon”- Andriëtte
  6. “Jy los my alleen”- Carla Oberholzer
  7. “Sarie Marais”- Len Muller en Stef Bos
  8. “Wat nou?”- Adam en Vaughan Gardiner
  9. “Mal in jou kop”- Cordelia
  10. “Wat weet ek tog?”- Martin Bester
  11. “Langpad”- DZL
  12. “Duidelik soos daglig”- Anaïs
  13. “Ek onthou”- Anders
  14. “Geboorteland”- Manne wat Glo
  15. “Tafelberg vir twee”-  Brendan Peyper
  16. “Môre kan maar kom”- Elvis Blue
  17. “Alles net oor jou”- Amor Vittone
  18. “Hart en siel”- Jennifer Zamudio en Rudi Claase
  19. “Gee my jou hart”- Tiro
  20. “Eerste woorde”- Cordelia

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.