Maroela Media Top-20: 4 Januarie 2016

Stef-Bos-en-Len-Muller

Stef Bos en Len Muller sing ‘n nuwe weergawe van Sarie Marais. Foto: Facebook.

Daar is vandeesweek tien snitte wat styg, ses wat daal, drie wat hul posisies behou en een nuweling.

Carla Oberholzer verloor haar eerste plek en die nuwe no.1-treffer is Len Muller en Stef Bos se weergawe van “Sarie Marais”. Een van Andriëtte se treffers, “Pêrel vir ʼn kroon”, sak uit en maak plek vir die titelsnit van Candy Benson se nuwe album, Niks kan my keer nie, wat in die 19de plek toetree.

Daar is geen snitte wat meer as drie plekke styg nie, en “Geboorteland” van Manne wat Glo daal vier plekke en is vandeesweek in die 17de plek.

1 “Sarie Marais” – Len Muller en Stef Bos

2 “Jy los my alleen” – Carla Oberholzer

3 “Eerste woorde” – Cordelia

4 “Langpad” – DZL

5 “Wat weet ek tog?” – Martin Bester

6 “Bittersoet van liefde” – Andriëtte

7 “Breek die stilte” – Cordelia

8 “Tot oneindig einde kry – Andriëtte en André Venter

9 “Wat maak ʼn boer?” – Carla Oberholzer

10 “Môre kan maar kom” – Elvis Blue

11 “Hoofletters” – Sorina

12 “Alle paaie lei na Rome” – Jannie en Corlea

13 “Middernagserenade” – Bobby van Jaarsveld

14 “Belofte” – Suzanne

15 “Ek wens vir jou” – Kurt Darren

16 “Geboorteland” – Manne wat Glo

17 “Meer as niks” – Leah

18 “Die nostalgie” – Wit Kasteel

19 “Niks kan my keer nie” – Candy Benson

20 “Mal in jou kop” – Cordelia

Kyk die musiekvideo vir die liedjie “Niks kan my keer nie” deur Candy Benson.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Len ·

Julle ek is so vreeslik dankbaar hiervoor! As n musikant is daar bitter min dinge beter as mense wat jou musiek en harde werk waardeer! Dankie Dankie Dankie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.