Maroela Media Top 20: 5 Januarie 2015

Eden

Die groep Eden se liedjie Dirty dancing is nommer een in die eerste week van Maroela Media se Top 20 vir 2015. Foto: Eden se Facebook-blad.

Hier is Maroela Media se Top 20 vir die eerste week van 2015. Daar is nege snitte wat styg, vyf wat daal, drie in dieselfde plek as verlede week en drie nuwelinge.

Eden neem die nommer een posisie oor met Dirty dancing en Bobby van Jaarsveld sak terug na die derde plek. Dorings vir Ma van Manie Jackson, Is duidelik van Emo Adams en Richterskaal van Arno Jordaan sak uit; Andriëtte tree in die 20ste plek toe met Welkom in my hart, Dewald Wasserfall met So eensaam soos die son in die 19de plek en Jack Parow en Janie Bay met Veilig in die 18de plek. Kurt Darren styg vier plekke na die 15de plek met Dans op die tafels en Fredi Nest daal vier posisies met Vat nou hierdie mens.

  1. Dirt dancing – Eden
  2. Skildery – Nadine
  3. My alles – Bobby van Jaarsveld
  4. Ligjare weg – Rinel Day
  5. Trane – Elizma Theron
  6. Murg en been – Laurika Rauch
  7. Bring die storm – Nicholis Louw
  8. Mooi – Elvis Blue
  9. Kampala – Rooies
  10. Gebore om te lewe – Dewald Wasserfall
  11. Ek verlang na jou – Marius Strydom
  12. Weier – Riana Nel
  13. Knysna – Anders
  14. Meisie van my hart – Heinz Winckler
  15. Dans op die tafels – Kurt Darren
  16. Vat nou hierdie mens – Fredi Nest
  17. Mal in jou kop – Cordelia
  18. Veilig – Jack Parrow en Janie Bay
  19. So eensaam soos die son – Dewald Wasserfall
  20. Welkom in my hart – Andriëtte

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.