Hier is Maroela Media se Top 20 vir die eerste week van 2015. Daar is nege snitte wat styg, vyf wat daal, drie in dieselfde plek as verlede week en drie nuwelinge.
Eden neem die nommer een posisie oor met Dirty dancing en Bobby van Jaarsveld sak terug na die derde plek. Dorings vir Ma van Manie Jackson, Is duidelik van Emo Adams en Richterskaal van Arno Jordaan sak uit; Andriëtte tree in die 20ste plek toe met Welkom in my hart, Dewald Wasserfall met So eensaam soos die son in die 19de plek en Jack Parow en Janie Bay met Veilig in die 18de plek. Kurt Darren styg vier plekke na die 15de plek met Dans op die tafels en Fredi Nest daal vier posisies met Vat nou hierdie mens.
- Dirt dancing – Eden
- Skildery – Nadine
- My alles – Bobby van Jaarsveld
- Ligjare weg – Rinel Day
- Trane – Elizma Theron
- Murg en been – Laurika Rauch
- Bring die storm – Nicholis Louw
- Mooi – Elvis Blue
- Kampala – Rooies
- Gebore om te lewe – Dewald Wasserfall
- Ek verlang na jou – Marius Strydom
- Weier – Riana Nel
- Knysna – Anders
- Meisie van my hart – Heinz Winckler
- Dans op die tafels – Kurt Darren
- Vat nou hierdie mens – Fredi Nest
- Mal in jou kop – Cordelia
- Veilig – Jack Parrow en Janie Bay
- So eensaam soos die son – Dewald Wasserfall
- Welkom in my hart – Andriëtte