In hierdie week se Top 20 is daar nege snitte wat styg, ses wat daal, drie wat in dieselfde plekke bly en twee nuwelinge. Andriëtte en Cordelia behou die eerste twee plekke terwyl André Venter na die derde plek toe opskuif.
Die twee snitte wat die langste op die Top 20 was, naamlik “Eie land” van Coffeesnobs en “Met jou klere aan” van Leah val uit, maar Leah tree dadelik weer in die 19de plek toe met haar nuwe treffer, “Meer as niks”. Die ander nuweling is ook een van vandeesweek se nuwe vrystellings, naamlik die titelsnit van Jannie Moolman en Corlea Botha se duetalbum “Alle paaie lei na Rome”, wat vandeesweek in die 20ste plek is. Cordelia se nuwe treffer, “Breek die stilte”, styg vyf plekke na nr. 14, terwyl “Eendag op ‘n reëndag” van Neil Somers vier plekke daal.
- “Pêrel vir ʼn kroon”- Andriëtte
- “Mal in jou kop”- Cordelia
- “Die man vir jou”- André Venter
- “Mona Lisa”- Joe Foster
- “Van toeka tot nou”- Jakkie Louw
- “Ek onthou”- Anders
- “Sê dit harder”- Jennifer Zamudio
- “Eendag op ʼn reëndag”- Neil Somers
- “Jou mond”- Ampie
- “Êrens in die middel van nêrens”- Elvis Blue
- “Tafelberg vir twee”- Brendan Peyper
- “Só het ek jou ma ontmoet”- Pierre Rossouw
- “Die eggo van jou oë”- Jannie du Toit
- “Breek die stilte”- Cordelia
- “Lentevrolikheid”- Die Ventertjies
- “Hier kom die somer”- Jak de Priester
- “Ek sal jou moet laat gaan”- Ray Dylan
- “Hambamba”- Juanita du Plessis
- “Meer as niks”- Leah
- “Alle paaie lei na Rome”- Jannie Moolman en Corlea Botha