Maroela Media Top 20: 5 Oktober 2015

Ray-Dylan-Reg-hier-in-die-middel

Ray Dylan se jongste album ‘Reg hier in die middel’ is een van sy beste Afrikaanse albums tot dusver. Foto: Facebook.

In hierdie week se Top 20 is daar nege snitte wat styg, ses wat daal, drie wat in dieselfde plekke bly en twee nuwelinge. Andriëtte en Cordelia behou die eerste twee plekke terwyl André Venter na die derde plek toe opskuif.

Die twee snitte wat die langste op die Top 20 was, naamlik “Eie land” van Coffeesnobs en “Met jou klere aan” van Leah val uit, maar Leah tree dadelik weer  in die 19de plek toe met haar nuwe treffer, “Meer as niks”. Die ander nuweling is ook een van vandeesweek se nuwe vrystellings, naamlik die titelsnit van Jannie Moolman en Corlea Botha se duetalbum “Alle paaie lei na Rome”, wat vandeesweek in die 20ste plek is. Cordelia se nuwe treffer, “Breek die stilte”, styg vyf plekke na nr. 14, terwyl “Eendag op ‘n reëndag” van Neil Somers vier plekke daal.

  1. “Pêrel vir ʼn kroon”- Andriëtte
  2. “Mal in jou kop”- Cordelia
  3. “Die man vir jou”- André Venter
  4. “Mona Lisa”- Joe Foster
  5. “Van toeka tot nou”- Jakkie Louw
  6. “Ek onthou”- Anders
  7. “Sê dit harder”- Jennifer Zamudio
  8. “Eendag op ʼn reëndag”- Neil Somers
  9. “Jou mond”- Ampie
  10. “Êrens in die middel van nêrens”- Elvis Blue
  11. “Tafelberg vir twee”- Brendan Peyper
  12. “Só het ek jou ma ontmoet”- Pierre Rossouw
  13. “Die eggo van jou oë”- Jannie du Toit
  14. “Breek die stilte”- Cordelia
  15. “Lentevrolikheid”- Die Ventertjies
  16. “Hier kom die somer”- Jak de Priester
  17. “Ek sal jou moet laat gaan”- Ray Dylan
  18. “Hambamba”- Juanita du Plessis
  19. “Meer as niks”- Leah
  20. “Alle paaie lei na Rome”- Jannie Moolman en Corlea Botha

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.