Maroela Media Top 20: 6 April 2015

Eden

Eden het ‘n nuwe liedjie in die topposisie op Maroela Media se Top 20. Foto: Argief.

In vandeesweek se Top 20: twaalf snitte styg, sewe daal en daar is een nuweling. Eden word die eerste kunstenaar of groep wat vanjaar die eerste plek met ‘n tweede snit haal; Jy soen alles reg neem die nr. 1-posisie by Arno Jordaan oor.

Gerrie Pretorius sak uit en Richard van der Westhuizen en Gerhard Steyn tree in die 20ste plek toe. Hennie Jacobs styg vier plekke, terwyl Nicholis Louw (met Bring die storm) en Riana Nel elk vier plekke daal. Nadine se treffer Skildery, is steeds die langste op die Top 20, naamlik 24 weke.

  1. Jy soen alles reg – Eden
  2. Laat die wiele rol – Arno Jordaan
  3. Voshaarnooi – Joshua na die Reën
  4. Butterflies – Eden en Bobby van Jaarsveld
  5. Een vir een – Bobby van Jaarsveld
  6. My hartjie – Karlien van Jaarsveld
  7. Mosterdsaad – Manne wat Glo
  8. Meer as ‘n vriend – Riana Nel
  9. Miljoene soene – Nicholis Louw
  10. Ballade vir ‘n enkeling – Die Heuwels Fantasties
  11. Bietjie meer as soen – Anaïs
  12. Sit vanaand op herhaal – Vaughan Gardiner
  13. Sonder liefde – Gert Loubser
  14. Wolraad Woltemade – Hennie Jacobs
  15. Afrikaanse meisies – Gerhard Steyn
  16. Bring die storm – Nicholis Louw
  17. Die een ding wat ek doen – Pieter Koen
  18. Bly nog net so bietjie – Joe Foster
  19. Skildery – Nadine
  20. Bosveldbloed – Gerhard Steyn en Richard van der Westhuizen

Hier is Gerhard Steyn en Richard van der Westhuizen se musiekvideo van die liedjie, Bosveldbloed:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.