Maroela Media Top 20: 6 Julie 2015

Elvis-Blue

Elvis Blue. Foto: Argief.

In vanseesweek se Top 20 is daar nege snitte wat styg, ses wat daal, vier wat in dieselfde plek bly en een nuweling. Juanita du Plessis kon net een week in die nr. 1-posisie bly en die eerste plek word ingeneem deur Elvis Blue se nuwe treffer, “Die hemel”.

Leah bly in die tweede plek, terwyl Juanita na die derde plek terugsak. “As hy vir jou nog lief was” deur Christiaan Baartman val uit en maak plek vir Irene-Louise se nuwe treffer, “Wie is die vrou in jou arms vanaand”, wat ook deur maar ma, wyle Irene van Wyk, opgeneem is. Stadsboer en Karlien van Jaarsveld styg elk vier plekke terwyl Nadine, asook Francois van Coke en Karen Zoid, elk ses plekke daal.

  1. “Die hemel”- Elvis Blue
  2. “Met jou klere aan”- Leah
  3. “Lief vir jou”- Juanita du Plessis
  4. “Reis na gister”- Jak de Priester
  5. “Ek sweer”- Twee
  6. “Alles naby my”- Roux en Christi Cloete
  7. “Sing Afrikaner sing”- Bok van Blerk
  8. “Ek sing my liedjies net vir jou”- Carike Keuzenkamp
  9. “Reën”- Gera Phielix
  10. “Geskeurde jeans”- Karlien van Jaarsveld
  11. “Tamboerynman”- Koos van der Merwe
  12. “Doen net wat ons wil”- Die Heuwels Fantasties en Riana Nel
  13. “Stop wag bly nog ‘n bietjie”- Brendan Peyper
  14. “Eie land”- Coffeesnobs
  15. “Toe vind ek jou”- Francois van Coke en Karen Zoid
  16. “Al lê die berge nog so blou”- Snotkop en Anders
  17. “Meer as genoeg”- Stadsboer
  18. “Tyd”- Nadine
  19. “Wie is die vrou in jou arms vanaand?”- Irene-Louise van  Wyk
  20. “Ballade vir ‘n enkeling”- Die Heuwels Fantasties

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.