In vanseesweek se Top 20 is daar nege snitte wat styg, ses wat daal, vier wat in dieselfde plek bly en een nuweling. Juanita du Plessis kon net een week in die nr. 1-posisie bly en die eerste plek word ingeneem deur Elvis Blue se nuwe treffer, “Die hemel”.
Leah bly in die tweede plek, terwyl Juanita na die derde plek terugsak. “As hy vir jou nog lief was” deur Christiaan Baartman val uit en maak plek vir Irene-Louise se nuwe treffer, “Wie is die vrou in jou arms vanaand”, wat ook deur maar ma, wyle Irene van Wyk, opgeneem is. Stadsboer en Karlien van Jaarsveld styg elk vier plekke terwyl Nadine, asook Francois van Coke en Karen Zoid, elk ses plekke daal.
- “Die hemel”- Elvis Blue
- “Met jou klere aan”- Leah
- “Lief vir jou”- Juanita du Plessis
- “Reis na gister”- Jak de Priester
- “Ek sweer”- Twee
- “Alles naby my”- Roux en Christi Cloete
- “Sing Afrikaner sing”- Bok van Blerk
- “Ek sing my liedjies net vir jou”- Carike Keuzenkamp
- “Reën”- Gera Phielix
- “Geskeurde jeans”- Karlien van Jaarsveld
- “Tamboerynman”- Koos van der Merwe
- “Doen net wat ons wil”- Die Heuwels Fantasties en Riana Nel
- “Stop wag bly nog ‘n bietjie”- Brendan Peyper
- “Eie land”- Coffeesnobs
- “Toe vind ek jou”- Francois van Coke en Karen Zoid
- “Al lê die berge nog so blou”- Snotkop en Anders
- “Meer as genoeg”- Stadsboer
- “Tyd”- Nadine
- “Wie is die vrou in jou arms vanaand?”- Irene-Louise van Wyk
- “Ballade vir ‘n enkeling”- Die Heuwels Fantasties