Hier is vandeesweek se Maroela Media Top 20. Die eerste drie plekke bly dieselfde as verlede week, en die enigste snit wat tot die eerste vyf toetree, is Gebore om te lewe van Dewald Wasserfall, wat na die vyfde plek opskuif. Kurt Darren se nuwe treffer, Cowboys en crooks, tree in die twintigste plek toe, en My hart bloei vir jou van Elizma Theron sak uit om plek vir hom te maak. Jakkie Louw styg die meeste plekke, naamlik vyf, met Ek glo, terwyl Ek probeer van Suzzi Swanepoel sewe plekke daal. Juanita du Plessis is nou al 21 weke op die Top 20.
- Weier- Riana Nel
- Roadtrip- Kaleidoskoop
- Sit die ligte aan- Steve Hofmeyr
- As ek eendag oud is- Laurika Rauch
- Gebore om te lewe- Dewald Wasserfall
- As jy hier is- Arno Jordaan
- Sout- Elizma Theron en Nicholis Louw
- Deur U krag- Manne wat Glo
- Agter op my fiets- Snotkop
- Ligjare weg- Rinel Day
- As ek eendag ophou droom- Juba
- Waterval- Romanz
- Draadloos-dae- Adam Tas
- Ek glo- Jakkie Louw
- Brief oor die see- Hercules en Jasmyn
- My alles- Bobby van Jaarsveld
- As vandag my laaste dag is- Juanita du Plessis
- Sit jou hand op jou mond- Liza Brönner
- Ek probeer- Suzzi Swanepoel
- Cowboys en crooks- Kurt Darren