Maroela Media Top 20: 7 Desember 2015

Cordelia-musiekvideo-02

Cordelia. Foto: Verskaf.

Hier is ‘n opsomming van die Top 20: In vandeesweek se Top 20 is daar nege snitte wat styg, sewe wat daal, een wat onveranderd bly en drie nuwelinge. Cordelia behou haar eerste plek met “Breek die stilte”, terwyl haar nuwe treffer, “Eerste woorde”, die meeste plekke styg, naamlik sewe, en vandeesweek in die 13de plek is.

Tiro, Jennifer Zamudio en Rudi Claase en Brendan Peyper sak vandeesweek uit. Die titelsnit van Sorina se jongste album, “Hoofletters”, maak eindelik sy toetrede in die 20ste plek, terwyl Andriëtte se nuwe trefer, “Bittersoet van liefde”, in die 19de plek toetree. In die 17de plek is die hoogste nuweling, naamlik “Wat maak ‘n boer?” van Carla Oberholzer. Anders daal die meeste plekke hierdie week, naamlik vyf, en is vandeesweek in die 18de plek.

  1. “Breek die stilte”- Cordelia
  2. “Alle paaie lei na Rome”- Jannie en Corlea
  3. “Jy los my alleen”- Carla Oberholzer
  4. “Meer as niks”- Leah
  5. “Biker angel”- Anton Myburgh
  6. “Sarie Marais”- Len Muller en Stef Bos
  7. “Wat weet ek tog?” – Martin Bester
  8. “Langpad”- DZL
  9. “Pêrel vir ʼn kroon”- Andriëtte
  10. “Wat nou?”- Adam en Vaughan Gardiner
  11. “Mal in jou kop”- Cordelia
  12. “Geboorteland”- Manne wat Glo
  13. “Eerste woorde”- Cordelia
  14. “Môre kan maar kom”- Elvis Blue
  15. “Alles net oor jou”- Amor Vittone
  16. “Duidelik soos daglig”- Anaïs
  17. “Wat maak ʼn boer?”- Carla Oberholzer
  18. “Ek onthou”- Anders
  19. “Bittersoet van liefde”- Andriëtte
  20. “Hoofletters”- Sorina

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.