Daar is vandeesweek agt snitte wat styg, nege wat daal, een wat onveranderd bly en twee nuwelinge. Dit is nie ’n goeie week vir Cordelia nie; sy verloor haar eerste plek en vir die eerste keer sedert September verlede jaar het sy net een treffer op die Top-20 aangesien “Breek die stilte” uitsak. Die ander snit wat vandeesweek uitsak, is “Hartlagsiel” van Burgerd Botha. Kurt Darren bereik eindelik die nr. 1-posisie met “Ek wens vir jou”.
Heidi maak haar eerste verskyning op die Top-20 met “Jonk en mooi”, wat in die 18de plek toetree. Die hoogste nuweling tot dusver vanjaar is “Modder en bloed” van Bok van Blerk wat die Top-20 in die 11de plek binnestorm. Verlede week se nuweling, “Gebed vir ons land” van Belinda Brönner en Vriende styg ses plekke, terwyl “’n Paw paw vir my darling” van Anton Goosen ses plekke daal.
- “Ek wens vir jou” – Kurt Darren
- “Eerste woorde” – Cordelia
- “Sporelied” – Jak de Priester
- “Dis hier en nou” – Jacqueline
- “Vir altyd” – Joshua Na Die Reën
- “Tot oneindig einde kry” – Andriëtte en André Venter
- “Skipper” – Neil Somers
- “Middernagserenade” – Bobby van Jaarsveld
- “Al wat ek weet” – Elvis Blue
- “Wees my held” – Sharoney
- “Modder en bloed” – Bok van Blerk
- “Wat maak ʼn boer?” – Carla Oberholzer
- “Gebed vir ons land” – Belinda Brönner en Vriende
- “Die perfekte een vir my” – Brendan Peyper
- “GI Jane” – Lemé
- “Laaste lied” – Corlea
- “ʼn Paw paw vir my darling” – Anton Goosen
- “Jonk en mooi” – Heidi
- “Sarie Marais” – Len Muller en Stef Bos
- “Hoofletters” – Sorina
Kyk die musiekvideo vir Kurt Darren se liedjie “Ek wens vir jou”.