Maroela Media Top-20: 7 Maart 2016

Jak de Priester. Foto: Verskaf.

Jak de Priester. Foto: Verskaf.

Daar is vandeesweek agt snitte wat styg, nege wat daal, een wat onveranderd bly en twee nuwelinge. Dit is nie ’n goeie week vir Cordelia nie; sy verloor haar eerste plek en vir die eerste keer sedert September verlede jaar het sy net een treffer op die Top-20 aangesien “Breek die stilte” uitsak. Die ander snit wat vandeesweek uitsak, is “Hartlagsiel” van Burgerd Botha. Kurt Darren bereik eindelik die nr. 1-posisie met “Ek wens vir jou”.

Heidi maak haar eerste verskyning op die Top-20 met “Jonk en mooi”, wat in die 18de plek toetree. Die hoogste nuweling tot dusver vanjaar is “Modder en bloed” van Bok van Blerk wat die Top-20 in die 11de plek binnestorm. Verlede week se nuweling, “Gebed vir ons land” van Belinda Brönner en Vriende styg ses plekke, terwyl “’n Paw paw vir my darling” van Anton Goosen ses plekke daal.

  1. “Ek wens vir jou” – Kurt Darren
  2. “Eerste woorde” – Cordelia
  3. “Sporelied” – Jak de Priester
  4. “Dis hier en nou” – Jacqueline
  5. “Vir altyd” – Joshua Na Die Reën
  6. “Tot oneindig einde kry” – Andriëtte en André Venter
  7. “Skipper” – Neil Somers
  8. “Middernagserenade” – Bobby van Jaarsveld
  9. “Al wat ek weet” – Elvis Blue
  10. “Wees my held” – Sharoney
  11. “Modder en bloed” – Bok van Blerk
  12. “Wat maak ʼn boer?” – Carla Oberholzer
  13. “Gebed vir ons land” – Belinda Brönner en Vriende
  14. “Die perfekte een vir my” – Brendan Peyper
  15. “GI Jane” – Lemé
  16. “Laaste lied” – Corlea
  17. “ʼn Paw paw vir my darling” – Anton Goosen
  18. “Jonk en mooi” – Heidi
  19. “Sarie Marais” – Len Muller en Stef Bos
  20. “Hoofletters” – Sorina

Kyk die musiekvideo vir Kurt Darren se liedjie “Ek wens vir jou”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.