In hierdie week se Top 20 is daar agt snitte at styg, nege wat daal en drie nuwelinge. Cordelia neem die nr. 1-posisie oor met “Mal in jou kop”, terwyl Juanita du Plessis na die tweede plek terugsak. Drie snitte val uit, naamlik “Die hemel” van Elvis Blue, “Stop wag bly nog ‘n bietjie” van Brendan Peyper en “Asemloos” van Liezel Pieters.
Brendan tree egter dadelik weet toe met sy nuwe treffer; “Tafelberg vir twee” is ‘n nuweling in die 19de plek. Pierre Rossouw maak sy toetrede in die 17de plek met “Só het ek jou ma ontmoet” en “Van toeka tot nou” van Jakkie Louw is ‘n nuweling in die 16de plek. Hoewel Elvis Blue se een treffer uitsak, is sy ander een die snit wat die meeste plekke styg.” Êrens in die midel van nêrens” styg vyf plekke tot by die sewende plek. Dewald Wasserfall daal ses plekke na die twintigste plek met “Amsterdam”.
- “Mal in jou kop”- Cordelia
- “Hambamba”- Juanita du Plessis
- “Mona Lisa”- Joe Foster
- “Eie land”- Coffeesnobs
- “Pêrel vir ʼn kroon”- Andriëtte
- “Eendag op ʼn reëndag”- Neil Somers
- “Êrens in die middel van nêrens”- Elvis Blue
- “Geskeurde jeans”- Karlien van Jaarsveld
- “ʼn Tas vol Cash”- Adam Tas
- “Die eggo van jou oë”- Jannie du Toit
- “Ek sing my liedjies net vir jou”- Carike Keuzenkamp
- “Die man vir jou”- André Venter
- “Met jou klere aan”- Leah
- “Lentevrolikheid”- Die Ventertjies
- “Ek onthou”- Anders
- “Van toeka tot nou”- Jakkie Louw
- “Só het ek jou ma ontmoet”- Pierre Rossouw
- “Alles naby my”- Roux en Christi Cloete
- “Tafelberg vir twee”- Brendan Peyper
- “Amsterdam”- Dewald Wasserfall