Maroela Media Top 20: 7 September 2015

Cordelia-02

Argieffoto.

In hierdie week se Top 20 is daar agt snitte at styg, nege wat daal en drie nuwelinge. Cordelia neem die nr. 1-posisie oor met “Mal in jou kop”, terwyl Juanita du Plessis na die tweede plek terugsak. Drie snitte val uit, naamlik “Die hemel” van Elvis Blue, “Stop wag bly nog ‘n bietjie” van Brendan Peyper en “Asemloos” van Liezel Pieters.

Brendan tree egter dadelik weet toe met sy nuwe treffer; “Tafelberg vir twee” is ‘n nuweling in die 19de plek. Pierre Rossouw maak sy toetrede in die 17de plek met “Só het ek jou ma ontmoet” en “Van toeka tot nou” van Jakkie Louw is ‘n nuweling in die 16de plek. Hoewel Elvis Blue se een treffer uitsak, is sy ander een die snit wat die meeste plekke styg.” Êrens in die midel van nêrens” styg vyf plekke tot by die sewende plek. Dewald Wasserfall daal ses plekke na die twintigste plek met “Amsterdam”.

  1. “Mal in jou kop”- Cordelia
  2. “Hambamba”- Juanita du Plessis
  3. “Mona Lisa”- Joe Foster
  4. “Eie land”- Coffeesnobs
  5. “Pêrel vir ʼn kroon”- Andriëtte
  6. “Eendag op ʼn reëndag”- Neil Somers
  7. “Êrens in die middel van nêrens”- Elvis Blue
  8. “Geskeurde jeans”- Karlien van Jaarsveld
  9. “ʼn Tas vol Cash”- Adam Tas
  10. “Die eggo van jou oë”- Jannie du Toit
  11. “Ek sing my liedjies net vir jou”- Carike Keuzenkamp
  12. “Die man vir jou”- André Venter
  13. “Met jou klere aan”- Leah
  14. “Lentevrolikheid”- Die Ventertjies
  15. “Ek onthou”- Anders
  16. “Van toeka tot nou”- Jakkie Louw
  17. “Só het ek jou ma ontmoet”- Pierre Rossouw
  18. “Alles naby my”- Roux en Christi Cloete
  19. “Tafelberg vir twee”- Brendan Peyper
  20. “Amsterdam”- Dewald Wasserfall

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.