Maroela Media Top 20 8 Desember 2014

rinel-dayHier is Maroela Media se Top 20 vir vandeesweek. Daar is 11 liedjies wat styg, ses wat daal een in dieselfde plek as verlede week en twee nuwelinge. Rinel Day word die tweede vroulike kunstenaar wat vanjaar die nr. 1-posisie met ‘n tweede treffer kon haal; Ligjare weg neem dié posisie oor by Dewald Wasserfall, wat na die derde plek val.  Arno Jordaan en Steve Hofmeyr se onderskeie treffers As jy hier is en Sit die ligte aan verlaat die Top 20, en in hulle plek is daar twee liedjies wat uit rolprente kom wat binnekort vrygestel word. Anders se nuwe treffer, Knysna, uit die gelyknamige rolprent tree in die 18de plek toe en Heinz Winckler maak sy buiging in die 20ste plek met Meisie van my hart, wat nie net op sy nuwe trefferversameling voorkom nie, maar ook uit die rolprent Mooirivier, wat in Februarie uitgereik word en waarin Heinz ook as akteur te sien sal wees, kom. Laurika Rauch en Emo Adams styg elk vier plekke, terwyl Rooies in net sy vierde week sewe plekke daal.

  1. Ligjare weg- Rinel Day
  2. My alles- Bobby van Jaarsveld
  3. Gebore om te lewe- Dewald Wasserfall
  4. Skildery- Nadine
  5. Dirty dancing- Eden
  6. Weier- Riana Nel
  7. Trane- Elizma Theron
  8. Vat nou hierdie mens- Fredi Nest
  9. Richterskaal- Arno Jordaan
  10. Noodlanding- Lianie May
  11. Is duidelik- Emo Adams
  12. Soutwater- Bok van Blerk
  13. Murg en been- Laurika Rauch
  14. Dorings vir Ma- Manie Jackson
  15. Mal in jou kop- Cordelia
  16. Kampala- Rooies
  17. Mooi- Elvis Blue
  18. Knysna- Anders
  19. Cowboys en crooks- Kurt Darren
  20. Meisie van my hart- Heinz Winckler

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Geen kommentaar

Etienne ·

Ek sien Laurika Rauch het 2 plekke op top tien met selfde liedjie?

Estelle Avenant ·

Waar kan daar nou n beter persoon wees vir daai :NR 1 Ligjare Weg van Rinel Day… Well Done Rinel Day, Gebore wenner !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.