Maroela Media Top 20: 8 Junie 2015

francois-van-coke-karen-zoid

‘n Skermskoot uit die musiekvideo vir ‘Toe vind ek jou’.

In hierdie week se Top 20 is daar sewe snitte wat styg, sewe wat daal, drie in dieselfde plek en drie nuwelinge. Die eerste drie plekke is, vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd, onveranderd van verlede week.

Daar is drie nuwelinge, en die snitte wat uitsak om vir hulle plek te maak, is “Mosterdsaad” van Manne wat Glo, “Een vir een” van Bobby van Jaarsveld en “Voshaarnooi” van Joshua na die Reën. Carike Keuzenkamp maak ‘n welkome terugkeer in die 20ste plek met “Ek sing my liedjies net vir jou”, Roux en Christi Cloete tree in die 19de plek toe met “Alles naby my” en vandeesweek se hoogste nuweling is “Doen net wat ons wil” van Die Heuwels Fantasties en Riana Nel.

Verlede week se nuweling, “Die hemel” van Elvis Blue, styg ses plekke terwyl die liedjie wat tans die langste op die Top 20 is, “My hartjie” van Karlien van Jaarsveld, vier plekke daal.

  1. “Met jou klere aan”- Leah
  2. “Toe vind ek jou”- Francois van Coke en Karen Zoid
  3. “Tyd”- Nadine
  4. “Reis na gister”- Jak de Priester
  5. “Lief vir jou”- Juanita du Plessis
  6. “Die een ding wat ek doen”- Pieter Koen
  7. “Al lê die berge nog so blou”- Snotkop en Anders
  8. “Ballade vir ‘n enkeling”- Die Heuwels Fantasties
  9. “Ek sweer”- Twee
  10. “Reën”- Gera Phielix
  11. “Bosveldbloed”- Gerhard Steyn en Richard van der Westhuizen
  12. “Meer as woorde”- Irene-Louise van Wyk
  13. “As hy vir jou nog lief was”- Christiaan Baartman
  14. “Die hemel”- Elvis Blue
  15. “My hartjie”- Karlien van Jaarsveld
  16. “Miljoene soene”- Nichilis Louw
  17. “Te goed om waar te wees”- PJ Cruz
  18. “Doen net wat ons wil”- Die Heuwels Fantasties en Riana Nel
  19. “Alles naby my”- Roux en Christi Cloete
  20. “Ek sing my liedjies net vir jou”- Carike Keuzenkamp

Besoek Leah se webwerf om die musiekvideo van haar treffer “Met jou klere aan” te sien.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.