In hierdie week se Top 20 is daar sewe snitte wat styg, sewe wat daal, drie in dieselfde plek en drie nuwelinge. Die eerste drie plekke is, vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd, onveranderd van verlede week.
Daar is drie nuwelinge, en die snitte wat uitsak om vir hulle plek te maak, is “Mosterdsaad” van Manne wat Glo, “Een vir een” van Bobby van Jaarsveld en “Voshaarnooi” van Joshua na die Reën. Carike Keuzenkamp maak ‘n welkome terugkeer in die 20ste plek met “Ek sing my liedjies net vir jou”, Roux en Christi Cloete tree in die 19de plek toe met “Alles naby my” en vandeesweek se hoogste nuweling is “Doen net wat ons wil” van Die Heuwels Fantasties en Riana Nel.
Verlede week se nuweling, “Die hemel” van Elvis Blue, styg ses plekke terwyl die liedjie wat tans die langste op die Top 20 is, “My hartjie” van Karlien van Jaarsveld, vier plekke daal.
- “Met jou klere aan”- Leah
- “Toe vind ek jou”- Francois van Coke en Karen Zoid
- “Tyd”- Nadine
- “Reis na gister”- Jak de Priester
- “Lief vir jou”- Juanita du Plessis
- “Die een ding wat ek doen”- Pieter Koen
- “Al lê die berge nog so blou”- Snotkop en Anders
- “Ballade vir ‘n enkeling”- Die Heuwels Fantasties
- “Ek sweer”- Twee
- “Reën”- Gera Phielix
- “Bosveldbloed”- Gerhard Steyn en Richard van der Westhuizen
- “Meer as woorde”- Irene-Louise van Wyk
- “As hy vir jou nog lief was”- Christiaan Baartman
- “Die hemel”- Elvis Blue
- “My hartjie”- Karlien van Jaarsveld
- “Miljoene soene”- Nichilis Louw
- “Te goed om waar te wees”- PJ Cruz
- “Doen net wat ons wil”- Die Heuwels Fantasties en Riana Nel
- “Alles naby my”- Roux en Christi Cloete
- “Ek sing my liedjies net vir jou”- Carike Keuzenkamp
Besoek Leah se webwerf om die musiekvideo van haar treffer “Met jou klere aan” te sien.