Maroela Media Top 20 8 September 2014

JubaHier is vandeesweek se Maroela Media Top 20. Kaleidoskoop is steeds in die nr. 1-posisie, maar Snotkop en Adam Tas skuif op na onderskeidelik die tweede en derde plekke. Riana Nel is steeds die kunstenaar wat die langste op die Top 20 is; hoewel Tweede kans vandeesweek die meeste plekke daal, naamlik vier, is sy nou 18 weke op die Top 20. Haar nuwe treffer, Weier, skuif op na die nr. 7-posisie. Bok van Blerk is die ander kunstenaar wat vier plekke daal. Dewald Wasserfall styg vandeesweek vyf plekke met Gebore om te lewe. Vandeesweek se nuweling is die titelsnit van Juba (op die foto) se nuwe album, As ek eendag ophou droom, wat in posisie nr, 20 toetree. Die enigste instrumentale snit op verlede week se Top 20, Rocobilly van Rocco de Villiers, het uitgesak om plek vir hulle te maak.

  1. Roadtrip- Kaleidoskoop
  2. Agter op my fiets- Snotkop
  3. Draadloos-dae- Adam Tas
  4. As ek eendag oud is- Laurika Rauch
  5. Deur U krag- Manne wat Glo
  6. Sit jou hand op jou mond- Liza Brönner
  7. Weier- Riana Nel
  8. My hart bloei vir jou- Elizma Theron
  9. Sit die ligte aan- Steve Hofmeyr
  10. As vandag my laaste dag is- Juanita du Plessis
  11. Iemand as jou hart breek- Willem Botha
  12. As jy hier is- Arno Jordaan
  13. Gebore om te lewe- Dewald Wasserfall
  14. Sout- Elizma Theron en Nicholis Louw
  15. Tweede kans- Riana Nel
  16. Koue voete warm liefde- Bok van Blerk
  17. Brief oor die see- Hercules en Jasmyn
  18. Posduif- Chris Chameleon en Daniëlla Deysel
  19. Ek probeer- Suzzi Swanepoel
  20. As ek eendag ophou droom- Juba

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.