Maroela Media Top 20: 9 Februarie 2015

Joshua-na-die-reen

Joshua na die Reën is een van die nuwelinge hierdie week op Maroela Media se Top 20. Foto: Argief.

Hier is Maroela Media se Top 20 van vandeesweek: Daar is nege snitte wat styg, sewe wat daal, twee wat hul posisies behou en twee nuwelinge.

Nadine behou die nr. 1-posisie vir die vierde week, terwyl Nicholis Louw steeds in die tweede plek is. Riana Nel se voormalige nr. 1-treffer, Weier, val uit (sy is steeds op die Top 20 met Meer as ‘n vriend), saam met Ek verlang na jou van Marius Strydom.

Ricky Faber tree in die 19de plek toe met Môre is dalk te laat en die nuwe weergawe van Voshaarnooi, deur Joshua na die Reën is ‘n nuweling in die 17de plek.  Burgerd en Zita daal sewe plekke met Soet en suur, terwyl Joe Foster, Anaïs en Dewald Wasserfall elk vier plekke styg.

  1. Skildery – Nadine
  2. Bring die storm – Nicholis Louw
  3. Knysna – Anders
  4. Murg en been – Laurika Rauch
  5. Dans op die tafels – Kurt Darren
  6. Dirty dancing – Eden
  7. Veilig – Jack Parow en Janie Bay
  8. So eensaam soos die son – Dewald Wasserfall
  9. Meisie van my hart – Heinz Winckler
  10. Bietjie meer as soen – Anaïs
  11. My alles – Bobby van Jaarsveld
  12. Bly nog net so bietjie – Joe Foster
  13.  Mooi – Elvis Blue
  14. Smoorverlief – Adam
  15. Meer as ‘n vriend – Riana Nel
  16. Laat die wiele rol – Arno Jordaan
  17. Voshaarnooi – Joshua na die Reën
  18. Soet en suur – Burgerd en Zita
  19. Môre is dit dalk te laat – Ricky Faber
  20. Trane – Elizma Theron

 

Die liedjie, Veilig, van Jack Paro en Janie Bay is al reeds ses weke op die Top 20:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.