Maroela Media Top 20: 9 Maart 2015

Manne-wat-glo

Jan de Wet, Dewald Gouws, Willie Joubert en Leon Ferreira is almal lid van die gospelgroep, Manne wat Glo. Foto: Manne wat Glo se Facebookblad.

Hierdie week op Maroela Media se Top 20: Daar is tien snitte wat styg, ses wat daal, twee wat in dieselfde plek bly en twee nuwelinge.

Anaïs behou haar eerste plek met Bietjie meer as soen, terwyl Joe Foster na die tweede plek toe opskuif met Bly nog net so bietjie. Kurt Darren en Dewald Wasserfall sak vandeesweek uit.

Vaughan Gardiner se jongste treffer, Sit vanaand op herhaal tree in die 20ste plek toe, terwyl Manne wat Glo se nuwe een, Mosterdsaad, sy verskyning in die 19de plek maak. Laurika Rauch daal ses plekke met Murg en been, terwyl Eden, die twee Van Jaarsvelds (Bobby en Karlien) en Gerrie Pretorius elk vier plekke styg. Eden en Nadine is ook elk nou 20 weke op die Top 20 met hul onderskeie treffers Dirty dancing en Skildery.

  1. Bietjie meer as soen – Anaïs
  2. Bly nog net so bietjie – Joe Foster
  3. Bring die storm – Nicholis Louw
  4. Knysna – Anders
  5. Laat die wiele rol – Arno Jordaan
  6. Meer as ‘n vriend – Riana Nel
  7. Butterflies – Eden en Bobby van Jaarsveld
  8. Skildery – Nadine
  9. Veilig – Jack Parow en Janie Bay
  10. Voshaarnooi – Joshua na die Reën
  11. Môre is dalk te laat – Ricky Faber
  12. Jy soen alles reg – Eden
  13. Een vir een – Bobby van Jaarsveld
  14. Smoorverlief – Adam
  15. Bring die liefde terug – Gerrie Pretorius
  16. My hartjie – Karlien van Jaarsveld
  17. Murg en been – Laurika Rauch
  18. Dirty dancing – Eden
  19. Mosterdsaad – Manne wat Glo
  20. Sit vanaand op herhaal – Vaughan Gardiner

Hier is die musiekvideo van Manne wat Glo se liedjie, Mosterdsaad:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theresa ·

Manne wat Glo se nuwe CD is uit die boonste rakke. Uitstekend manne! Hoop daar kom nog vele meer. Die hele CD is amazing mooi maar “Mosterdsaad” word meer as 1 x gespeel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.