Maroela Media Top 20: 9 November 2015

anais-02

Anaïs is een van die nuwelinge op hierdie week se Top 20. Foto: Facebook.

In vandeesweek se Top 20 is daar nege snitte wat styg, agt wat daal en drie nuwelinge. Dit beteken dat daar ‘n nuwe nr. 1-treffer is. Die titelsnit van Jannie Moolman en Corlea Botha se album “Alle paaie lei na Rome” neem die eerste plek by Andriëtte oor.

Daar is drie nuwelinge en Ampie, Neil Somers en Jakkie Louw sak uit om plek vir hulle te maak. Die Jacaranda-omroeper Martin Bester tree in die 19de plek toe met “Wat weet ek tog?” Anaïs het vroeër vanjar die eerste plek met “Bietjie meer as soen” gehaal, en sy is in die 18de plek met haar nuwe treffer, “Duidelik soos daglig”. Die derde nuweling is Jennifer Zamudio en Rudi Claase se weergawe van “Hart en siel”, wat Jennifer voorheen alleen vir haar vorige album opgeneem het. Cordelia sak terug na die sesde plek met “Mal in jou kop”, maar dit is steeds die snit wat die langste op die Top 20 is.

  1. “Alle paaie lei na Rome”- Jannie en Corlea
  2. “Pêrel vir ʼn kroon”- Andriëtte
  3. “Tafelberg vir twee”- Brendan Peyper
  4. “Meer as niks”-Leah
  5. “Breek die stilte”- Cordelia
  6. “Mal in jou kop”- Cordelia
  7. “Biker angel”- Anton Myburgh
  8. “Ek onthou” – Anders
  9. “Sê dit harder”- Jennifer Zamudio
  10. “Sarie Marais”- Len Muller en Stef Bos
  11. “Wat nou?” – Adam en Vaughan Gardiner
  12. “Ek sal jou moet laat gaan”- Ray Dylan
  13. “Jy los my alleen”- Carla Oberholzer
  14. “Die man vir jou”- André Venter
  15. “Hart en siel”- Jennifer Zamudio en Rudi Claase
  16. “Langpad”- DZL
  17. “Môre kan maar kom”- Elvis Blue
  18. “Duidelik soos daglig”- Anaïs
  19. “Wat weet ek tog?” – Martin Bester
  20. “Gee my jou hart”- Tiro

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.